Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Inwoners verlig dat eienaar van 'klub' trek
Die huis in Paul Krugerlaan, Universitas.

Die inwoners van Universitas in Bloemfontein is verlig dat ’n sakevrou eersdaags uit haar huurhuis sal trek nadat sy aansoek gedoen het om ’n kroeg hier te bedryf.

Dit kom nadat Schalk van Vuuren, voorsitter van die Universitas-woonbuurtvereniging, ’n petisie by die Mangaung-munisipaliteit ingedien het om die toegewing van ’n dranklisensie aan @Sashy’s by Paul Krugerlaan nr. 79 in Universitas te verhoed.

Die huis in Paul Krugerlaan, Universitas.

Dié besigheid, wat deur Sasja-Lee Gouws bedryf word, oortree volgens hom artikel 33 van die Vrystaatse dobbel- en Drankwet.

Gouws het aan Netwerk24 bevestig sy ontruim die huis einde vandeesmaand, maar sê dit is ’n misverstand dat dit ’n ontkleeklub is.

Gouws gaan eerder elders ’n gastehuis sonder ’n kroeg bedryf. “Ek soek nie verder moeilikheid met die gemeenskap nie nie.”

In die petisie skryf van Vuuren: “Die toegewing van ’n dranklisensie is nie in openbare belang nie. Universitas is ’n 99% residensiële gebied,” skryf hy in die brief.

Volgens die petisie verlaag dié kroeg, met 'byvoordele' soos in ’n rooilig-gebied, die karakter van die buurt.

Dit is glo tot onlangs as ’n kroeg ingespan en volgens inwoners kom en gaan voertuie gereeld saans en dit lei tot ’n gejaag in die straat.

Van Vuuren sê in die petisie dié kroeg, met “byvoordele” soos in ’n rooilig-gebied, verlaag die karakter van die buurt.

Hy het Donderdag aan Netwerk24 gesê as die munisipaliteit ’n dranklisensie aan dié besigheid sou toestaan, sal hulle aansoek doen vir hersonering vir ’n besigheid, “wat ’n baie groot probleem gaan veroorsaak.”

Deon Meiring, die eienaar van die huis, woon in Johannesburg. Hy sê hy het Maandag, toe hy te hore kom van haar planne, die huurder beveel om uit te trek, waarop sy ’n prokureur geraadpleeg het, wat gesê het sy het nie ’n voet om op te staan nie.

Tjaart van der Walt, DA-raadslid, sê die inwoners was glad nie gemaklik met die idee van ’n kroeg en ander bedrywe tussen die huise nie.

Gouws sê die gerugte dat dit ’n ontkleedansklub is, is totaal onwaar.

Hy sê daar was al ’n klomp voorvalle en die munisipaliteit moet ondersoek instel oor of die huidige aktiwiteite wettig is.

Die munisipaliteit het glo ’n kennisgewing oor onwettige grondgebruik uitgegee.

Gouws sê die gerugte dat dit ’n ontkleedansklub is, is totaal onwaar. Sy het die huis gebruik as ’n VIP-klub waar mense R1 000 vooraf betaal en dan koop sy die drankies van hul keuse en sit ’n ete voor.

“Mense het hul eie afleidings gemaak omdat daar ’n paal in die huis is, maar die eienaar het dit lank terug geïnstalleer omdat hy destyds ’n dansskool wou oprig.”

Sy het twee maande se huur vooruitbetaal met die geld en moet dit nou aan die klublede terugbetaal.

Talle motorfietsklublede, wat vroue insluit, was onder haar kliënte. Volgens haar het die motorfietse se geraas tot die ontevredenheid gelei.

Die VIP-klub was ’n tussentydse reëling terwyl ’n kroeg in Kloofeind waarin sy aandele het, gesluit is.

Meer oor:  Sasja-Lee Gouws  |  Bloemfontein  |  Lawaai  |  Kroeg  |  Klub-Eienaar  |  Ontkleedansers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.