Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Is dit ’n spoedkamera . . . of nie?

Het jy al remme aangeslaan omdat jy ’n verkeersbeampte met ’n spoedkamera gewaar?

Wel, dalk was dit nie eens ’n regte verkeersbeampte nie, maar een van die verkeersafdeling van Kaapstad se Mock-beamptes.

Mock is ’n lewensgrootte foto op ’n dun metaalplaat van ’n verkeersbeampte by ’n spoedkamera wat juis bedoel is om bestuurders skrik op die lyf te jaag.

Die Mock-beampte.Foto: Verskaf

Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstad-verkeersafdeling, sê dié “beampte” is al sedert September 2017 langs die Kaapse paaie werksaam, en sedertdien is nog twee “beamptes” aangestel om haastige Kapenaars stadiger te laat ry.

“Hulle is daar om kalmte te bring. As mense hulle sien, ry hulle outomaties stadiger,” sê Coleman.

Voertuigbestuurders moet egter nie te houtgerus raak nie want daar is altyd ’n regte beampte in die omgewing of aan die oorkant van die pad.

“’n Beampte sal sy kamera aan die een kant van die pad sit en vir Mock aan die ander kant.”

Nie net is die beamptes altyd naby nie, maar hulle maak ook seker dat niks met die Mock-beampte gebeur nie, sê Coleman.

Volgens hom is die verkeersafdeling nie bekommerd daaroor dat mense nou deur die media bewus gemaak word dat Mock nie ’n regte beampte is nie.

“Mense sal nie weet of dit ’n regte beampte of Mock is nie, want Mock is ’n springlewendige beampte wat deel is van die verkeerspan. Mense moet maar steeds versigtig wees.”

Coleman sê die verkeersafdeling oorweeg dit om meer Mock-beamptes te gebruik.

Meer oor:  Kaapstad  |  Verkeersbeampte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.