Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Isuzu help met lorries vir waternood in Makhanda

Isuzu Motors Suid-Afrika het twee vragmotors met watertenks aan Gift of the Givers beskikbaar gestel om die waternood op Makhanda (Grahamstad) te help verlig.

Badr Kazi, die organisasie se direkteur vir strategiese beplanning, het gesê die lorries gaan gebruik word om skoon boorgatwater na strategiese punte in die dorp te versprei.

“Ons is baie dankbaar vir Isuzu se hulp.”

Vuyiseka Nyembezi, interne kommunikasiebeampte van Isuzu Motors Suid-Afrika, oorhandig die sleutels vir die vragmotors aan Ali Sablay, projekbestuurder van Gift of the Givers in die Oos-Kaap. Foto: VERSKAF

Die Gift of the Givers werk dag en nag om Makhanda uit sy waternood te probeer red, sowel as droogtegeteisterde gebiede op Beaufort-Wes.

Gishma Johnson, kommunikasiebestuurder van Isuzu Motors, sê hulle gebruik hul verhouding met vennote om oplossings te probeer vind waar mense hulp nodig het. “Die watersituasie is erg, veral op Makhanda.”

Die twee vragmotors is vroeër vanjaar op Beaufort-Wes gebruik, en verlede jaar in Kaapstad deur die nieregeringsorganisasie Save Our Schools.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.