Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Ja, ons het water, maar dis besmet

Ná milde reën wat die afgelope tyd in Bloemfontein geval het en die damme wat meestal vol is, is daar egter kommer dat miljoene liter skoon drinkwater met bakterieë besmet kan word.

Rossouw Botes by die Hamilton-Park-reservoir wat in Desember skoongemaak is, maar waar die sluk nou weer 500 mm diep lê.Foto: Kaydene Davids

Dit is omdat van die reservoirs in Bloemfontein in 2015 laas skoongemaak is.

Luidens ’n verslag van ’n diensverskaffer wat sedert 1992 die reservoirs in Bloemfontein skoonmaak, is die reservoir by Bainsvlei nog nooit skoongemaak nie. Verskeie lekkasies kom ook by die reservoir voor.

Die slik van die Hamilton Park-reservoir, wat in Desember skoongemaak is, is 500 mm dik en kan die gehalte van die water affekteer.

Die slik in die Hamilton-Park-reservoir in Bloemfontein.

Die skoonmaak van die reservoirs in die stad word verder bemoeilik omdat diensverskaffers nie deur die Mangaung-metro vir hul dienste betaal word nie.

Rossouw Botes, DA-raadslid van die metro, sê die diensverskaffers wat in Desember verlede jaar die Maselspoort-reservoir skoongemaak het, wag steeds op betaling.

Die diensverskaffers is ook gevra om te kwoteer vir die skoonmaak van die ou klip-reservoir op Naval Hill en een van die Longridge-reservoirs naby die Suidpark- begraafplaas, waar die sement verbrokkel.

Botes sê die reservoirs word elke dag al hoe vuiler, wat vuil, besmette drinkwater in krane veroorsaak.

Hy sê as daar nie gereeld na die reservoirs omgesien word nie, verskillende soorte bakterieë in die water voorkom wat dit onbruikbaar vir menslike gebruik sal maak.

“Dit is ’n tikkende tydbom.”

Hy sê die getroue belastingbetaler betaal elke maand vir ’n diens, maar moet tevrede wees met vuil, besmette water wat siektes kan veroorsaak.

Die vuil drinkwater wat in Desember uit die Maselspoort-reservoir gepomp is toe die reservoir skoongemaak is.

“Ons het ’n plig volgens die Grondwet om skoon, gesonde drinkwater aan ons mense te lewer, maar dít kan net gebeur as ons reservoirs in stand gehou word en gereeld skoongemaak word.”

Navrae is aan Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie, by metro gerig. Hy het nie gereageer nie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.