Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
JB Marks in Noordwes onder administrasie geplaas

Die JB Marks-munisipaliteit in Noordwes is deur die provinsiale regering onder administrasie geplaas.

Vuyisile Ngesi, woordvoerder van die provinsie se premierskantoor, het Dinsdag bevestig dat die munisipaliteit, wat Potchefstroom en Ventersdorp insluit, ná ’n besluit deur die provinsiale uitvoerende komitee onder administrasie geplaas is.

Volgens ’n brief van die LUR vir munisipale regering se kantoor, gerig aan die JB Marks-burgemeesterskantoor, is die besluit op 2 Mei geneem. Laasgenoemde is op 6 Mei hiervan ingelig.

In die brief staan dat die munisipaliteit onder administrasie sal bly vir ’n minimum van ses maande en ’n maksimum van ’n jaar.

Die JB Marks-munisipaliteit is in 2016 gevorm toe die Ventersdorp- en Tlokwe-munisipaliteite saamgesmelt het. Dit het met maande se oproerigheid in die omgewing gepaardgegaan en die munisipaliteit loop deur onder gerugte van korrupsie.

Dit spesifiseer nie waarom die munisipaliteit onder administrasie geplaas is nie, maar lui wel: “Die provinsiale regering . . . het ’n wetgewende mandaat om die vertoning en status van munisipaliteite gereeld te monitor, ondersteuning te bied, kapasiteit te bou en in te gryp waar nodig.

“Die departement het areas in die munisipaliteit geïdentifiseer waar dit nodig is om in te gryp deur ander wetgewende maatreëls omdat daar duidelike tekens is van swak administrasie en bestuur in die munisipaliteit wat ’n negatiewe invloed op dienslewering het.”

Daar is nou 24 munisipaliteite sedert 2016 onder administrasie geplaas.

Volgens JB Marks se jaarverslag van Desember 2018, het die munisipaliteit in die 2016-’17-boekjaar ’n “vrywaring van opinie” van die ouditeur-generaal ontvang.

Dit het effens verbeter toe die munisipaliteit die volgende jaar ’n gekwalifiseerde ouditmening gekry het.

Die JB Marks-munisipaliteit is in 2016 gevorm toe die Ventersdorp- en Tlokwe-munisipaliteite saamgesmelt het. Dit het met maande se oproerigheid in die omgewing gepaardgegaan en die munisipaliteit loop deur onder gerugte van korrupsie.

Die munisipaliteit het Dinsdag in ’n verklaring aan News24 gesê dat “volgens die kommunikasie van die provinsie, is verskeie areas geïdentifiseer waar die munisipaliteit sukkel met dienslewering. Die doel van die ingryping is om saam met die munisipaliteit te werk en ondersteuning te bied. Die munisipaliteit het reageer en verskaf inligting oor al die areas wat deur die provinsie uitgewys is. Die provinsie sal binnekort ’n volledige inligtingsessie hieroor met die raad hou.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.