Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
JHB het planne vir probleme met beurtkrag

Die Johannesburg-metro het gebeurlikheidsplanne om die ontwrigting weens beurtkrag te verminder.

Herman Mashaba, burgemeester, het Woensdag in ’n verklaring gesê Johannesburg het net soos ander munisipaliteite min of geen inligting by Eskom ontvang oor beurtkrag nie.

Dit is kommerwekkend dat die provinsiale regering en instansies soos die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) swyg oor die gebrek aan inligting wat aan die munisipaliteite deurgegee word, sê Mashaba.

“Gegewe die situasie sal dit onverantwoordelik wees as Johannesburg nie ’n plan het vir beurtkrag in sy huidige vorm nie, indien beurtkrag vererger of indien die krag nasionaal sou afgaan nie.”

Mashaba is van die mening dat Johannesburg ’n verantwoordelikheid het om seker te maak dat inwoners so min as moontlik ontwrig en verontrief word.

Inwoners van Johannesburg word op die volgende maniere geraak:

* Kragonderbrekings weens beurtkrag aan hul reeds verouderde infrastruktuur.

* Skade word aan substasies aangerig.

* Reservoirs is laag, aangesien water as gevolg van die voortslepende kragonderbrekings nie na hoërliggende dele gepomp kan word nie (die Brixton-toring ondervind veral probleme).

* Verkeersligte flits rooi selfs al word die elektrisiteit herstel. Dit het verkeersopeenhopings tot gevolg.

* Metropolisielede wat veronderstel is om misdaad te bekamp moet puntdienste (verkeersdienste) verrig. Woensdagoggend is 224 lede ontplooi om die druk op die verkeer te verlig.

“Ons wil ’n beroep op die regering doen om beter met afgevaardigdes van plaaslike regeringsentiteite te kommunikeer sodat deeglike beplanning gedoen kan word om die ontwrigting van dienste te voorkom,” se Mashaba.

Meer oor:  Johannesburg-Metro  |  Eskom  |  Herman Mashaba  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.