Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Jhb bespaar R18 mjd. deur korrupsie bloot te lê

Die Johannesburg-metro het inwoners meer as R18 miljard in net minder as twee jaar bespaar deur bedrog en korrupsie bloot te lê. 

“Die metro het in die 2016-’17-boekjaar R38 miljoen begroot om korrupsie te bestry,” sê John Moodey, Gautengse leier van die DA, in ’n mediaverklaring.

“Die anti-korrupsie-eenheid ondersoek minstens 3 500 korrupsievoorvalle.

Boonop is 700 mense weens korrupsie en bedrog in hegtenis geneem, 28 metro-amptenare afgedank en 18 geskors.

Minstens 30 hofsake is hangend en 25 gekaapte eiendomme is aan die regmatige eienaars terugbesorg.

Dit is in skrille kontras met die onthulling dat 19% van die metro se begroting onder die voormalige ANC-administrasie gesteel is.

Meer oor:  John Moodey  |  Johannesburg-Metro  |  Gauteng  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.