Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Jhb-metro se stelsels af nadat kuberkrakers toeslaan

Johannesburgers sal Vrydag net van beperkte dienste op die Johannesburg-metro se webtuiste gebruik kan maak nadat kuberkrakers toegang tot die metro se rekenaarstelsels gekry het.

Die Johannesburgse metroraad het laat Donderdagaand op Twitter bevestig kuberkrakers het sy IT-stelsel binnegedring en dat sommige dienste opgeskort is om inligting veilig te hou.

“Die metro het besef dat daar toegang tot ons netwerk verkry is. Daar is onwettig toegang tot ons inligtingstelsel bekom.

“Dit word deur ’n span ondersoek wat onmiddellik die veiligheidsmaatreëls ingestel het.

“Dit beteken dat klante nie toegang tot e-dienste en die rekeningstelsel sal hê nie.”

Die metro sê die ondersoek behoort 24 uur te duur en het onderneem om Johannesburgers elke vier uur op Twitter te laat weet hoe die die ondersoek vorder.

Dit is glo die boodskap van die kuberkrakers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.