Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Jhb se inbelsentrum ontvang duisende oproepe

Die inbelsentrum van die Johannesburg-metro het in die eerste tien dae ná die aanvang van die staat van inperking meer as 12 000 noodoproepe en meer as 22 000 oproepe oor probleme met water en elektrisiteit ontvang.

Jolidee Matongo, burgemeesterskomiteelid van finansies, het Woensdag die inbelsentrum in die Johannesburgse middestad besoek om te verseker dat die verminderde aantal werkers onder omstandighede werk wat aan gesondheidsriglyne oor die koronavirus voldoen.

Matongo het tydens sy besoek self die kliëntesorglyn by 011 375 5555 geskakel om die doeltreffendheid van hul dienslewering te toets.

“Ons moet die personeel van die oproepsentrum regtig loof vir hul toewyding om te verseker dat die impak van die inperking op die stad se kliëntediens tot die minimum beperk word.

“Ons bly daartoe verbind om te verseker dat ons personeel veilig is terwyl hulle hul pligte uitvoer.

“Dit vul my met nederigheid om te hoor hoe die personeel inwoners verseker dat hulle sal aanhou om hul werk met passie en geduld te doen in hierdie baie moeilike tyd,” sê Matongo.


Meer oor:  Johannesburg-Metro  |  Water  |  Elektrisiteit  |  Inbelsentrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.