Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Jo’burg skrap heffing vir herwinning

’n Omstrede heffing vir herwinning vir huishoudings in Johannesburg gaan nie meer toegepas word nie.

Mpho Moerane, Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir omgewing en infrastruktuur, het Vrydag gesê die heffing van R50, wat vanaf 1 Julie vir elke huishouding in werking sou tree, is geskrap.

Huishoudings in verskeie voorstede – informele nedersettings uitgesluit – sou ’n bykomende heffing van R50 per maand moes betaal vir alle eiendomme met ’n markwaarde van meer as R350 000.

Foto ter illustrasie. Foto: Reuters

“ ’n Aantal voorleggings is teen die voorgestelde heffing ontvang, insluitende die feit dat ’n groot aantal inwoners tans finansiële probleme ondervind as gevolg van die Covid-19-pandemie, wat daartoe gelei het dat talle hul werk kwyt is,” sê Moerane.

“Daarom is daar besluit om die voorgestelde R50-herwinningsheffing te skrap,” sê hy.

Volgens Moerane jaag die insameling van herwinningsmateriaal die stad jaarliks sowat R20 miljoen uit die sak. Daar sal wel in die toekoms van inwoners verwag word om meer vir vullisverwydering te betaal omdat nuwe stortingsterreine gesoek moet word om te verseker dat daar in ooreenstemming met die wetlike vereistes van vullis weggedoen word. Die formalisering van die indiensneming van vullisverwyderaars word ook oorweeg.

Julius Kleynhans, bedryfsbestuurder van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), beskou die skrapping as ’n oorwinning vir die inwoners van Johannesburg.

“Dit is ’n oorwinning vir aktiewe burgers. Dit is daarom belangrik dat inwoners gedurende die bespreking van die begroting daaroor kommentaar lewer,” sê Kleynhans.

“Outa het voorgestel dat die stad afslag gee op die bestaande tarief vir vullisverwydering as ’n aansporing aan huiseienaars wat wel herwinning toepas.”

Meer oor:  Johannesburg  |  Herwinning  |  Vullis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.