Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Johannesburg dank senior amptenaar summier af

Die Johannesburgse metroraad het die kontrak van ’n senior amptenaar, wat verantwoordelik is vir die stad se handels- en beleggingsprojekte, beëindig nadat hy skuldig bevind is aan oneerlikheid en dat hy die toekenning van tenders verkeerdelik beïnvloed het.

Luidens ’n verklaring deur Leah Knott, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, het die beampte privaat sake gedoen sonder om vooraf toestemming van die stad te kry. Hy het ook die stad se etiese kode oortree, besluite oor aankope tot sy eie voordeel beïnvloed en teen die stad se belange opgetree.

Raadslid Leah Knott van die Johannesburgse metroraad.

“Die stad het oorlog teen korrupsie verklaar. Daar is nie plek vir handelinge wat strydig is met die beginsels van regverdige en eerlike professionele standaarde nie,” sê Knott.

Knott sê burgemeester Herman Mashaba se sentimente oor korrupsie bly aan die voorpunt van goeie bestuur in die stad.

“Oor die afgelope paar maande is groot stappe gedoen om korrupsie oor die stad heen te bestry. Hierdie stappe sluit in ’n kultuur van aanspreeklikheid en gevoeligheid teenoor diegene wat die mense van Johannesburg bedien.

“As bewaarders van goeie bestuur word daar van die stad se werknemers verwag om ’n voorbeeld te stel deur aan die hoogste etiese norme en standaarde te voldoen. Dit is noodsaaklik om ’n gehaltediens in die stad te lewer.”

Volgens Knott bly die raad daartoe verbind om ’n metroraad te bestuur waar etiese standaarde deur alle belanghebbendes en werknemers gehandhaaf word.

Meer oor:  Johannesburg  |  Munisipaliteit  |  Korrupsie  |  Af
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.