Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
‘Kaap se 19%-verhoging vir water steeds te veel’

Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid en die vakverbond Cosatu het die Kaapstad-metro se skielike verlaging van sy watertariefverhogings in sy konsepbegroting bevraagteken.

Ná groot openbare ontevredenheid het die stad die tariefverhoging van 26,96% tot 19,9% verminder. Volgens Ian Neilsen, adjunkburgemeester, het hulle kommentaar van sowat 40 000 inwoners gekry.

Janine Myburgh, voorsitter van die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid. Foto: Verskaf

Neilson sê sedert die konsepbegroting in Maart opgestel is, is besluit om aanpassings te maak.

“Dit is hoofsaaklik bereik deur die herskedulering van die nuwe waterprogram, en die besparings in die huidige boekjaar.”

Huishoudings wat minder as ses kiloliter per maand gebruik se water sal nou 10,1% duurder wees, teenoor die vroeër voorgestelde 55,16%.

Watertariewe vir diegene wat tussen ses en 10,5 kiloliter gebruik, sal nie verhoog word nie, vergeleke met die 6,26% in die eerste konsepbegroting.

Janine Myburgh, voorsitter van die Kamer, het die stap verwelkom, maar vra hoe die stad in die eerste plek die tariefverhogings kon oorweeg nadat die inwoners alles gedoen het om water te bespaar. “Ek dink dit bewys dat amptenare en raadslede ver verwyderd is van die betalende publiek.”

Oor die verlaging in die tarief vir diegene wat minder as ses kiloliter gebruik, sê sy: “As die stad dit nou kan doen, hoekom nie in die konsepbegroting nie? Ons kan net bespiegel dat hulle nie hard genoeg probeer het nie.”

Sy sê die metro is meer daarop gefokus om ’n inkomste uit die publiek te kry as om koste te besnoei, soos wat die privaat sektor moet doen om te oorleef.

Volgens Cosatu is ’n 19,9%-verhoging steeds te veel vir Kapenaars. “Dit is steeds onaanvaarbaar. ’n Verhoging van 19% is veel meer as inflasie,” het Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, gesê.

Meer oor:  Cosatu  |  Kaapse Metro  |  Janine Myburgh  |  Verhogings  |  Waterkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.