Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kaapse metro gee groen lig vir Harbour Arch-ontwikkeling
Die Harbour Arch-ontwikkeling sal op dié terrein in Kaapstad gedoen word.Foto: Verskaf

Die Harbour Arch-ontwikkeling van R14 miljard wat die grootste van sy soort in die Kaapstadse sakekern gaan wees, is verlede Donderdag ten spyte van besware deur die tribunaal oor munisipale beplanning, goedgekeur.

Die stuk grond van 5,3 ha aan die hawekant, wat eers aan Transnet behoort het, is deur die eiendomsontwikkelaar en beleggingsmaatskappy Amdec vir gemengde ontwikkeling bekom.

Die hersonering vir die ontwikkeling is in Augustus 2012 goedgekeur, maar in Desember 2018 het Amdec aansoek gedoen om die voorwaardes van die goedkeuring te wysig. Dit was om die kontrak te wysig en behuising by te voeg.

’n Kunstenaarsvoorstelling van die Harbour Arch-ontwikkeling van R14 miljard wat die grootste van sy soort in die Kaapstadse sakekern gaan wees.Foto: Verskaf

Ses besware is van twee drukgroepe ontvang, waarvan vier van Urban Design en twee van Ndifuna Ukwazi.

Donderdag se verhoor het oor tegniese kwessies soos die hoogte van geboue en die parkeerterreinuitleg gehandel.

Ndifuna Ukwazi en Reclaim the City het in hul voorleggings beswaar gemaak teen die gebrek aan bekostigbare behuising wat hulle glo armes en die werkersklas van die stadskern sal uitsluit.

Hule het die Kaapse owerhede versoek om die goedkeuring terug te hou totdat bekostigbare behuising in die voorgestelde plan of in die omliggende gebied ingesluit word.

Karen Hendricks van Reclaim the City Woodstock het aan GroundUp gesê hulle leef in ’n stelsel waar “wit mans besluit wat in openbare belang is en wat groot ontwikkelings regverdig.

Die stad stel die welgesteldes en rykes se belange eerste.
Reclaim the City

“Dit is onregverdig, veral omdat armes en die werkersklas uit die stadskern gesluit word. Die stad stel die welgesteldes en rykes se belange eerste.”

Die beswaardes het hul argument op die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur geskoei en gesê die stad moet ruimtelike geregtigheid voorop stel.

David Daniels, voorsitter van die tribunaal, het nie saamgestem nie. Hy het gesê die wet vereis dat ruimtelike geregtigheid in ag geneem word, wat hulle gedoen het.

Daniels sê om bekostigbare behuising op die ontwikkeling af te dwing sal “uiters moeilik” wees.

Die terrein soos hy nou lyk en waarop die Harbour Arch-ontwikkeling van R14 miljard beplan word. Foto: Verskaf

“Dit sal irrasioneel wees om ’n projek wat R14 miljard vir die stad kan beteken tot stilstand te bring.”

In sy verklaring sê James Wilson, uitvoerende hoof van die Amdec-groep, die goedkeuring van die projek is ’n lewensboei vir al die partye.

“Ons is verheug dat dit goedgekeur is. Ons glo die projek sal groot voordele vir die Moederstad inhou. Harbour Arch sal baie werkgeleenthede skep, internasionale en nasionale beleggersvertroue stu en die stad en die provinsie ekonomies bevoordeel.

“Met die stad wat reeds uit sy nate bars, sal Harbour Arch strategies geleë wees by die samevloeiing van hoofpaaie soos die N1 en N2 en maklike toegang daartoe bied.”

Harbour Arch gaan op bruikbare grond van 198 000 m² gebou word, met ses afsonderlike torings. Die ontwikkeling sluit twee nuwe hotelle in, wat deur Marriott International bestuur sal word.

Wilson sê die Kaapse metro sal baat by die opknapping van infrastruktuur (R90 miljoen) asook verhoogde inkomste van R2,4 miljard. Die ontwikkeling sal 13 000 werksgeleenthede in die konstruksiefase skep.

Die Amdec-groep het ook die ontwikkeling van die Melrose Arch in Johannesburg gedoen.

Meer oor:  Kaapstad  |  Ontwikkeling  |  Kaapse Metro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.