Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kaapse metro maak plan met ‘bleek Mandela’ teen gebou

Motoriste in Kaapstad se middestad sal dalk wonder waarom oudpres. Nelson Mandela teen die burgersentrum so bleek lyk, maar die metroraad sê hy is besig om die toekoms van dié tamaai prent te bespreek.

Die skets van Madiba toe dit in Junie 2013 aan die sy van die Kaapstadse burgersentrum bekend gestel is.Foto: Lerato Maduna

Die kleurvolle skets van Madiba is in Junie 2013 teen die sykant van die gebou in die middestad opgesit en het oor die jare verbleik.

Dit het veral opmerkbaar geraak teenoor die afbeelding van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu wat in 2017 bygebring is en langsaan Mandela pronk.

’n Prent van oudpres. Nelson Mandela teen die Kaapstadse burgersentrum het al heelwat verbleik sedert dit in 2013 opgesit is, veral in vergelyking met die beeld van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu langsaan wat in 2017 aangebring is. Foto: Adrian de Kock
Die prent van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu toe dit in 2017 teen die Kaapstadse burgersentrum opgesit is, langs die beeld van oudpres. Nelson Mandela van 2013. Foto: Twitter (@PatriciaDeLille)

Priya Reddy, direkteur van kommunikasie in die metroraad, het Vrydagmiddag gesê die metroraad weeg die opsies op oor wat hy met die afbeelding gaan maak.

Dit is destyds aangebring om Madiba te vereer en hy is in Desember van dieselfde jaar oorlede.

Reddy sê dit het rondom R300 000 gekos om die prent te laat maak en spesialis-kontrakteurs te huur om dit oor sowat 500 ruite aan die oostelike sy van die gebou aan te bring.

In Maart 2017 het Patricia de Lille, voormalige burgemeester, bekend gemaak dat die prent van Tutu voltooi is en langs Mandela opgesit word.


Dit het gevolg nadat die metroraad in 2015 besluit het om Tutu en sy vrou, Leah, nog in hul leeftyd te vereer.

“Dit is net ’n klein teken van ons dankbaarheid vir alles wat hulle gedoen het om ’n beter Suid-Afrika te bou,” het De Lille toe in ’n verklaring gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.