Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kaapse metro maan oor swembaddens weens hittegolf

Ouers en kinders is gewaarsku om versigtig te wees as hulle swem tydens die hittegolf in Kaapstad nadat 14 mense in die feestyd verdrink het.

13 mense het in die see verdrink en een in ’n swembad.

Daar was verder 51 nienoodlottige voorvalle waar mense probleme met asemhaling gehad het nadat hulle onder die water was.

“Hoewel die vakansie verby is, is ons midde-in ’n hittegolf en dit beteken dat getalle by swembaddens waarskynlik smiddae gaan toeneem ná skool,” sê Zahid Badroodien, die Kaapse metro se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid.

“Ek doen ’n beroep op ouers en kinders om baie versigtig te wees. Ons geriewe is bedoel om verligting van die somerhitte te bring en ons wil hê almal moet dit op ’n veilige manier geniet.”

Die afgelope vakansie was 85% van die mense wat verdrink het manlik, en manlike persone was by 72,5% van die nienoodlottige voorvalle betrokke. Bykans 35% van slagoffers in nienoodlottige voorvalle was kinders onder 12.

Daar was ook massareddings uit sterk seestrome wat mense meegevoer het.

Dan Plato, Kaapstad se burgemeester, het al die menseredders en nooddienswerkers bedank dat hulle mense veilig gehou het in die piekseisoen. Hy het ook sy meegevoel betuig aan families wat geliefdes verloor het as gevolg van verdrinkings.

Meer oor:  Kaapstad  |  Swembaddens  |  Verdrinkings  |  Hittegolf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.