Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kaapse metro spandeer R50 m. aan klinieke

Die Kaapse metroraad gaan meer as R50 miljoen spandeer om drie nuwe klinieke – in Pelican Park, Fisantekraal en Khayelitsha – te bou en tien ander op te gradeer.

Die Pelican Park-kliniek wat in aanbou is. Foto: Verskaf

As deel van die stad se kapitaalbestedingsplanne vir die huidige finansiële jaar sal die grootste deel van die geld op die voltooiing van die nuwe Pelican Park-kliniek, die bou van die Fisantekraal-kliniek en die uitbreiding van die Uitsig-kliniek se TB- en antiretrovirale behandelingseenheid spandeer word. R1,1 miljoen is ook vir die nuwe Zakhele-kliniek in Khayelitsha begroot.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir maatskaplike dienste, sê R19 miljoen sal spandeer word op die kliniek in Pelican Park in die suidelike voorstede.

“Die bou van die Pelican Park-kliniek was nodig as gevolg van die ontwikkeling in die gebied en die toename in die inwonertal. Hoewel daar ’n paar weerverwante vertragings was, het die kontrakteur oor die algemeen goeie vordering gemaak en ek is baie opgewonde om die finale produk te sien.”

Aan die ander kant van die Skiereiland wag die stad se gesondheidsdepartement op die finale goedkeuring van die planne van die splinternuwe Fisantekraal-kliniek voordat boutenders aangevra gaan word.

Bouwerk is op dreef aan die Pelican Park-kliniek. Foto: Verskaf

R14 miljoen is in die huidige finansiële jaar hiervoor opsygesit, terwyl sowat R6 miljoen op die nuwe Uitsig-kliniek spandeer sal word.

Die departement begin ook met die opgradering en uitbreiding van verskeie ander klinieke in die stad om dienste te lewer aan mense met tuberkulose en dié wat antiretrovirale behandeling benodig.

Die stad se gesondheidsdepartement sal ook vir die eerste keer minstens twee klinieke opgradeer om spesifiek vir mense met diabetes voorsiening te maak. Dié geriewe sal in die Ocean View- en die Vuyani-kliniek in Guguletu ingerig word.

Smith het gesê dat sowat R800 000 vir veiligheidsopgraderings begroot is.

Meer oor:  Metro  |  Jp Smith  |  Fisantekraal  |  Khayelitsha  |  Pelican Park
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.