Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kaapse metro voel reeds inperking se nagevolge
Een van die hawelose mense in die middestad van Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Die Kaapstadse metroraad gaan weens die ekonomiese nagevolge van die koronavirus met ’n rekening van R4 miljard sit.

Daar is twee redes hiervoor – die een is dat Kapenaars nie meer hul munisipale rekeninge betaal nie, en die ander is die bykomende uitgawes wat die metroraad moes aangaan om die meegaande uitdagings van die koronavirus-ramptoestand te bestuur.

Ian Neilson, onderburgemeester en burgemeesterskomiteelid vir finansies, het by navraag gesê dit is die finansiële las waarmee die metroraad in die 2020-’21-boekjaar (wat op 1 Julie begin) gaan sit.

Oor die moontlikheid van afslag aan inwoners met die betaling van erfbelasting en ander munisipale diensgeld, het Neilson gesê die geld in die huidige begroting word herprioritiseer en die konsepbegroting vir die volgende boekjaar word ook nog hersien.

Daar word reeds bespeur dat mense nie hul munisipale rekeninge betaal nie, en daar sal vir die komende boekjaar voorsiening gemaak moet word dat ’n groter deel van die begroting vir agterstallige skuld aangewend sal moet word.

Om die tekort van R4 miljard te ondervang sal nie-noodsaaklike uitgawes gesny word, kapitale projekte sal uitgestel moet word en geld sal geleen moet word vir die projekte wat wel voortgaan.

Neilson sê daar is einde Mei ’n raadsvergadering en meer inligting oor die veranderings in die konsepbegroting vir die komende boekjaar sal voor dan beskikbaar gestel word.

Hy sê daar is tot nou ’n onbeduidende bedrag geld van die nasionale regering gekry om die krisis te hanteer.

Enige moontlike aanpassings aan die tariewe vir grondbelasting en munisipale dienste sal met die finalisering van die begroting gedoen word.

“In April reeds is minder betalings ontvang vir munisipale rekeninge. Dit is onduidelik hoe lank dit gaan aanhou en moet met die finale voorstelle vir die begroting in ag geneem word,” sê Neilson.

Dienste wat gelewer word, soos die voorsiening van water, elektrisiteit en vullisverwydering, word ingevolge die nasionale munisipale model vir begroting wat landwyd geld, betaal met die geld wat ingevorder word wanneer mense hul munisipale rekeninge betaal, sê Neilson.

Meer oor:  Kaapstad  |  Metroraad  |  Koronavirus  |  Skuld  |  Munisipale Dienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.