Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Brandweer in Kaapstad wil staak

Die Kaapse metroraad het gebeurlikheidsplanne ingestel om hom voor te berei op enige moontlike ontwrigtings by brandweerstasies indien brandbestryders verbonde aan die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond (Samwu) voortgaan met hul dreigement om nie meer oortyd te werk nie.

Kaapse brandweerpersoneel verbonde aan Samwu het verlede week na die burgersentrum opgeruk om hul misnoeë met hul oortydtoelae uit te spreek. Foto: Ane van Zyl

Brandweerpersoneel in Kaapstad dreig om van 1 Oktober af net van 08:00 tot 16:00 te werk en hul stasies ná ure te sluit tensy die Kaapstadse metroraad aan hul eise vir

oortydbetaling gehoor gee.

Personeellede van brandweerstasies oor die Kaapse skiereiland heen het verlede week na die burgersentrum in Kaapstad opgeruk om beter vergoeding te eis nadat onderhandelinge ’n dooiepunt bereik het.

Richard Bosman, uitvoerende direkteur van veiligheid, sê die stad het ’n aanvulling van sowat 900 brandbestryders en op enige gegewe tydstip is daar minstens 240 brandbestryders aan diens by die 30 brandweerstasies oor die metropool heen.

As dinge regtig vashaak, het die stad in hoogseisoen ook 120 seisoenale brandbestryders en helikopters waarop hulle kan staatmaak.

Bosman sê sowat 60% van die personeellede is lid van Samwu.

Die minimum vereiste vir ’n brandweerstasie is een brandweerwa en ’n maksimum van ses personeellede.

“Daar is reeds kritieke brandweerstasies geïdentifiseer waar ’n minimum diensvlak nog vir die stad beskikbaar sal wees. Sou Samwu-lede weier om die oortydure te werk, sal brandweer- en reddingsdienspersoneel by brandweerstasies geplaas word waar ’n kritieke tekort is.

Daar is reeds kritieke brandweerstasies geïdentifiseer waar ’n minimum diensvlak nog vir die stad beskikbaar sal wees.

Bosman sê ’n beroep sal ook op dagskof-personeel gedoen word om kritieke toerusting soos voertuie te bestuur en personeel wat rusdae het, sal gevra word om te help waar daar ’n personeeltekort is.

In die geval van groot brande sal nabygeleë munisipaliteite ook ingeroep word om bystand te verleen.

Bosman sê die brandweer-en-reddingsdienste sal ook tugstappe instel teen enige werknemer wat weier om bystandswerk te doen, aangesien dit in stryd is met hul huidige diensvoorwaardes.

Bosman sê enige voorvalle van intimidasie en dreigemente sal ook nie geduld word nie en lede word versoek om sulke voorvalle onmiddellik aan te meld.

Meer oor:  Samwu  |  Richard Bosman  |  Kaapstad  |  Stakings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.