Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kaapstad ‘moet aanhou water bespaar’

Waterbeperkings in die Kaapstad-metro is hier om te bly.

Dan Plato, burgemeester, het Donderdag op die laaste raadsvergadering van die jaar gesê dit kan nie anders nie, die streek is steeds in die greep van ’n droogte. As die waterbeperkings opgehef word, kan inwoners weer sit met ’n dreigende Dag Zero.

Die waterbeperkings bly dus op vlak 3.

“Die jongste reënvaldata wys hier is steeds ’n droogte. Dit is onwaarskynlik dat die reënval in 2020 enigsins beter gaan wees,” sê Plato.

Hy sê die metro se damvlakke is redelik en dit is omdat Kaapstad die no.1- waterbesparende stad is.

Plato sê daar is ander stede in ander provinsies wat heeltemal sonder water sit. Hul Dag Zero hét aangebreek. In Kaapstad het mense saamgewerk, inwoners het hul leefstyl verander en die metroraad het waterverbruik bestuur deur die waterdruk aan te pas en pype wat lek, te herstel.

“Dit was nie altyd maklik nie, maar ons het sukses behaal. Inwoners kan trots wees oor wat ons bereik het. Hou aan water bespaar, die droogte is nog nie verby nie.”

Die gemiddelde damvlak van Kaapstad en omstreke se hoofopgaardamme was Donderdag op 81,2%.

Die Theewaterskloofdam was 72,5% vol, die Bergrivierdam 97%, die Benede-Steenbrasdam 90,9%, die Bo-Steenbrasdam 94%, die Voëlvleidam 87,4% en die Wemmershoekdam 87,8%.

Meer oor:  Droogte  |  Kaapstad-Metro  |  Waterbeperkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.