Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kaapstad se hawelose mense in Mitchells Plain gehuisves

Sowat 1 000 hawelose mense in Kaapstad se munisipale gebied gaan by ’n sportkompleks in Mitchells Plain gehuisves word, maar plaaslike inwoners is nie te vinde vir die idee nie.

Die sportterrein in Strandfontein word voorberei om die hawelose mense te huisves. Foto: Verskaf

Dan Plato, burgemeester, het die aankondiging Donderdag gedoen en gesê al die hawelose mense sal op een sentrale plek gehuisves word eerder as op verskeie plekke in verskillende voorstede.

Drie gemeenskapsorganisasies in die omgewing van die Strandfontein-kompleks was ontstoke oor die burgemeester se aankondiging en het gemeen daar is beter plekke om die mense te huisves.

Plato het gesê die mense sal in tente bly, daar sal tydelike ablusies aangebring word en water sal verskaf word. Hy het ook gesê 24-uur-sekerheid word vir die kompleks gereël terwyl die mense daar woon.

Die plaaslike organisasies het teëgeskop en gesê die hawelose mense moet eerder in leë skoolsale of byvoorbeeld die Goedehoop-sentrum gaan bly, eerder as op die sportterrein.

Tydelike toilette word opgerig. Foto: Verskaf

“Die Strandfontein-sportkompleks is ideaal geleë vir straatmense in die suide, die middestad en Kaapse Vlakte,” sê Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid.

“Die toegang tot die plek is ook gerieflik. Wat belangriker is, is dat dit groot genoeg is om die aantal mense wat tydelike skuiling benodig, te huisves.”

Hy sê die gemeenskapsale en ander geriewe is nie oorweeg nie om twee redes.

“Baie plekke is eenvoudig nie groot genoeg om groot hoeveelhede mense op ’n slag te hanteer nie, veral nie wanneer ’n gesonde afstand en reëls rondom algemene higiëne in ag geneem word.

“Ons burgersentrums sal gebruik word as sekondêre mediese geriewe sou die situasie dit vereis. Ons eerste prioriteit is om te verseker dat ons die vermoë het om mediese noodgevalle en behandeling van inwoners te hanteer.”

Beamptes merk die veld af. Foto: Verskaf

Badroodien sê die metro verstaan ??die inwoners se bedenkinge en kommer.

“Daar is baie moeite gedoen om te verseker dat voldoende sekerheid beskikbaar is. Daar sal uitgebreide omheining wees en die gebied sal gepatrolleer word.

“Daar sal ook ’n operasionele sentrum op die terrein wees waar veiligheidswagte sal wees wat ook gereeld patrollies sal doen.”

Hy sê die metro “het ’n verantwoordelikheid om toe te sien dat die individue verwyder word”.

“Elkeen sal gedokumenteer word. Die gerief sal aan die gemeenskap terugbesorg word vir die oorspronklike doel daarvan, en enige herstelwerk en verbeterings sal gedoen word om te verseker dat daar nie skade is nie.”

Meer oor:  Inperking  |  Hawelose Mense  |  Dan Plato  |  Kaapstad  |  Mitchells Plain  |  Covid-19-Virus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.