Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kaapstad wil gou sonkrag inspan

Die Kaapstadse metroraad hoop om binne twee jaar ’n sonkrag-aanleg gereed te hê om onafhanklik van Eskom krag aan plaaslike inwoners te verskaf.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Donderdag dat die drempel vir die selfopwekking sonder ’n lisensie van 1 megawatt (MW) tot 100 MW gelig word, verwelkom, maar ook gesê dit sal nie dadelik kan gebeur nie.

Hy sê die betrokke wetgewing wat munisipaliteite in staat sal stel om krag van onafhanklike verskaffers te kan koop, insluitend die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, sal eers aangepas moet word.

Hy meen dit kan tot vyf jaar neem voordat die krag van ’n onafhanklike verskaffer by die Kaapstadse kragnetwerk ingeskakel sal wees.

Daar word nou gewag op die aanpassing van die betrokke skedule van die Wet op Elektrisiteitsregulering, wat binne 60 dae gepubliseer sal word.

Plato het uitgewys met die gebruik van die Steenbras-hidro-aanleg is Kaapstad die enigste stad in die land waar inwoners die volle impak van beurtkrag gespaar word. Hopelik kan die toestemming aan ondernemings om hul eie opwekkingsvermoë te skep, aan Eskom die geleentheid bied om sy sake reg te kry en ’n meer stabiele en volhoubare kragverskaffer te word.

“Die Kaapstadse metroraad het nog altyd daarin geglo dat plaaslike regerings die grondwetlike reg moet hê om hernubare krag te gebruik. Dit is wat nodig is om in ’n posisie te kom waar ons nie net op Eskom staatmaak om krag te verskaf nie,” sê Plato.

Meer oor:  Kaapstad  |  Metroraad  |  Sonkrag  |  Aanleg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.