Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Keizersgracht: Raad besluit oor hernoeming

Die Kaapstad-metroraad sal Donderdag besluit of Keizersgracht na die oorspronklike Hanoverstraat hernoem sal word. Die burgemeesterskomitee se aanbeveling oor die straat se hernoeming word op Donderdag se raadsvergadering ter tafel gelê.

Dit kom nadat die Distrik Ses-werkkomitee die naamverandering in Junie versoek het.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad.Foto: Peter Abrahams

“Ek bid vir sukses vir die Distrik Ses-gemeenskap in hul poging om regstellende geregtigheid te kry,” sê Shahied Ajam, voorsitter van die werkkomitee.

Dan Plato, Kaapstad se burgemeester, het op sy beurt gesê met die openbaredeelnameproses het ’n oorweldigende 96% van die deelnemers die naamverandering gesteun.

“1 195 inwoners en belanghebbendes het tydens die proses, wat op 26 Julie geëindig het, kommentaar gelewer. Die burgemeesterskomitee het sy besluit geneem en lê dit nou aan die raad voor,” het Plato gesê.

“Dis duidelik dat die gemeenskap van Distrik Ses goeie herinneringe het van hul lewe daar en dat hulle graag die ou naam wil terughê. Die naamverandering is een manier hoe Kaapstad kan help om die wonde van die verlede te genees en hulde te bring aan diegene wat in Hanoverstraat gebore is en daar grootgeword het,” het Plato gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.