Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kempton-krag: ‘Mense kry nou Rolls-Royce pleks van Ford’

“Ons is jammer dat dit so lank duur, maar die mense sal na dese ’n Rolls-Royce hê pleks van ’n Ford.”

Dit is die woorde wat Mark Wilson, hoof van die Ekurhuleni-metroraad se energiedepartement, die herstelwerk aan die Glen Marais-substasie in Kempton Park Vrydag aan Netwerk24 beskryf nadat duisende inwoners vir ’n week sonder elektrisiteit gelaat is.

Die substasie in Kempton Park waar ’n transformator ontplof het. Foto: Twitter/ Stad Ekurhuleni

Volgens Wilson is die kragtoevoer stelselmatig na alle dele van Kempton Park herstel behalwe in Glen Marais, uitbr. 24 en Allen Grove.

“Hierdie twee buurte sal teen 12:00 vandag elektrisiteit hê,” belowe Wilson.

“In die 25 jaar wat ek hier werk het ek nog net drie keer die omvang van skade gesien wat die ontploffing verlede naweek by die substasie in Glen Marais veroorsaak het. Dié tipe herstelwerk neem gewoonlik twee na vier weke, maar ons was ambisieus en wou dit in ’n rekordtyd doen. Tegniese probleme het egter met die

Die skade by die substasie in Kempton Park. Foto: Verskaf

herstelwerk ingesluip. Dit is noodsaaklik dat die kragtoevoer nou stadigaan aangeskakel word omdat die substasie net weer onder onnodige druk sal verkeer as alles gelyktydig aangesit word,” sê Wilson.

Norkem Park, dele van Birchleigh, Allen Grove, Nimrod Park, Glen Marais en Witfontein was vir die afgelope ses dae sonder krag na die ontploffing Saterdag.

“Die kortsluiting wat deur kabeldiefstal veroorsaak is het ’n rimpel-effek gehad en alles het ongelukkig soos domino’s inmekaar getuimel. Dié substasie is sowat 50 jaar oud en het soos ’n ou kar begin stotter. Die mense sal na dese ’n Rolls-Royce hê in stede van ’n Ford,” sê Wilson.

Meer oor:  Ford  |  Rolls Royce  |  Ekurhuleni  |  Kempton Park  |  Kragonderbreking  |  Substasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.