Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kempton Park: Metro onseker wanneer toevoer herstel sal word

Daar heers nou onsekerheid oor wanneer die reuse-kragonderbreking wat groot dele van Kempton Park sedert Saterdag verlam, herstel gaan word, nadat die Ekurhuleni-metro Dinsdag nie by sy spertyd vir herstelwerk kon hou nie.

Die kragtoevoer na groot dele van Kempton Park is Saterdagaand afgesny ná ’n ontploffing by die Glen Marais-substasie. Foto: Werner Beukes

Die munisipaliteit het Dinsdagaand op sy amptelike Twitter-rekening gesê dat die kragtoevoer eers vanaf 22:00 – en nie 18:00 soos oorspronklik belowe is nie – stelselmatig na geaffekteerde woonbuurte herstel sou word.

Volgens die inskrywing is die herstelwerk weens veiligheidsredes vertraag.

Themba Gadebe, woordvoerder van die metro, het dit Dinsdagaand bevestig, maar kon nie dadelik sê watter gebiede steeds sonder krag sit of wanneer die kragnetwerk ten volle herstel sou word nie.

Die ligte is Saterdag in verskeie woonbuurte – insluitend Norkempark, Birchleigh, Allen Grove, Nimrodpark, Witfontein en Glen Marais – uitgedoof ná ’n ontploffing by die Glen Marais-substasie.

Gadebe het aan Werner Beukes gesê kabeldiefstal het ’n fout veroorsaak wat tot die brand by die substasie gelei het.

“ ’n Paneel het aan die brand geslaan, waarna al 25 panele weens die olie daarin uitgebrand het voordat die brandweer dit kon blus,” sê Gadebe.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het die Ekurhuleni-metroraad nog nie enige klag van kabeldiefstal by die polisie aanhangig gemaak nie.

Mzwandile Masina, Ekurhuleni se burgemeester, het vroeër getwiet dat herstelwerk aan die substasie na raming sowat R10 miljoen beloop.

Jaco Terblanche, ’n raadslid in Glen Marais, meen die ontploffing by die substasie is weens ’n gebrek aan instandhouding deur die Ekurhuleni-metroraad en nie weens kabeldiefstal nie.

“Die verouderde toerusting by die substasie het oorverhit en die ontploffing veroorsaak. Die metro doen nie instandhouding soos wat hy behoort nie en dit is hoekom inwoners sedert die naweek sonder elektrisiteit sit,” sê Terblanche.

Die metro ontken dat dit die geval is.

Meer oor:  Themba Gadebe  |  Kempton Park  |  Kragtoevoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.