Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kempton Park sonder water

Groot dele van Kempton Park aan die Johannesburgse Oosrand sal tot middernag Donderdag sonder water wees.

Luidens ’n verklaring deur die Ekurhuleni-metro moet dringende herstelwerk gedoen word aan ’n lekkende 600 m lange waterpyp in die Isando- industriële gebied en sal verskeie woonbuurte geraak word.

Die metro vra in die verklaring verskoning vir enige ongerief en sê watertenkers sal na die betrokke gebiede gestuur word.

Die geaffekteerde gebiede sluit in:

  • Kempton Park se sentrale sakegebied;
  • Glen Erasmia;
  • Aston Manor;
  • Allen Groove;
  • Nimrod Park;
  • Bredell;
  • Croydon;
  • Pomona;
  • Spartan;
  • Isando;
  • Bonaero Park;
  • Esther Park; en
  • Chloorkop.
Meer oor:  Ekurhuleni-Metro  |  Kempton Park  |  Herstelwerk  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.