Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kempton sonder krag: Dink maar aan plan B

Inwoners van Kempton Park wat nou al die vyfde oggend sonder krag wakker geword het, moet maar ’n plan B bedink.

Die Ekurhuleni-metroraad het Woensdagoggend gesê een van die nuut geïnstalleerde panele het die isolasietoets gefaal, so daar gaan beslis nog nie elektrisiteitsvoorsiening wees nie.

Dit volg nadat die Glen Marais-kragsentrale Saterdag ontplof het en al die panele uitgebrand het. ’n Groot deel van Kempton Park sit sedertdien sonder elektrisiteit.

Luidens ’n Facebook-inskrywing deur die metro is die vervaardiger van die panele tans op die toneel om die tegniese span by te staan. Die res van die herstelde panele word glo ook nou getoets.

Themba Gadebe, metrowoordvoerder, wou by navraag nie weer ’n tyd vasmaak wanneer daar weer krag gaan wees nie, omdat hulle reeds nie by vorige spertye (Dinsdag 18:00 en toe 22:00) kon hou nie.

“Ons het verneem dat die krag môre deur die dag weer aangeskakel sal word. Ek wil vra dat inwoners ons sal bystaan en, wanneer die krag aangeskakel word, nie al hul elektriese toestelle gelyk sal aanskakel nie.”

Hy verduidelik dat dit weer kan maak dat die kragsentrale ingee onder die groot druk.

By navraag oor waarom die metroraad nie ’n tussentydse plan maak en ’n substasie huur, soos in die verlede al in Johannesburg gebeur het nie, het Gadebe gesê die gebied wat van krag voorsien moet word, is te groot vir ’n huurstasie.

Meer oor:  Kempton Park  |  Kragonderbreking  |  Kragstasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.