Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kimberley: Hoof in ondersoek met verlof
Die betogers in Kimberley het Donderdag voor die Sol Plaatje-munisipaliteit se kantoor byeengekom. Foto: Christiaan Cloete

Die munisipale bestuurder en finansiële hoof van die Sol Plaatje-munisipaliteit het vrywilliglik verlof geneem van Vrydag af nadat betogings vir Galeshewe, Kimberley tot stilstand geruk het.

Dié munisipaliteit in die Noord-Kaap het die oggend bevestig dat Goolam Akharwaray, munisipale bestuurder, en Lydia Mahloko, die finansiële hoof, met verlof is sodat ’n ondersoek kan plaasvind en daar met die gemeenskapsleiers gepraat kan word.

“Die munisipaliteit wil ’n beroep op die wyer gemeenskap doen om aan die omvattende gesprekke deel te neem en nie toe te laat dat opregte griewe deur verwoesting en wetteloosheid ondermyn word nie.”

Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, het in ’n verklaring gesê die behoefte om ’n vreedsame oplossing te vind is erger omdat “gewone mense toegang tot hospitale en klinieke benodig, terwyl die skole binnekort heropen”.

“Ondernemings wat verliese gely het, moet ook in ’n veilige omgewing kan handel dryf. Sodra die omstandighede veilig genoeg is, sal spanne van die munisipaliteit die stad opruim.”

Betogings het Donderdagaand nog in Galeshewe voortgeduur, met ’n winkelsentrum wat geplunder en ’n brand wat buite ’n gemeenskapsaal gestig is.

Die polisie het toe bevestig dat ’n “paar mense” in verband met die beskadiging van eiendom in hegtenis geneem is.

Polisielede brand Donderdag met rubberkoeëls op betogers in Kimberley los. Foto: Christiaan Cloete

Meer oor:  Kimberley
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.