Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kimberley se visse ‘vlug na skoon water in strate’

Die feit dat visse nou in Kimberley se strate in vlug is dalk net omdat die munisipaliteit se water so vuil is dat die barbers meer tuis in die strate voel.

Kobus van den Berg, VF Plus-raadslid, sê hoewel Boy Dluwayo, stadsbestuurder, reken die barbers broei in die strate uit weens klimaatsverandering, glo hy dit is eerder omdat soveel water in die strate vermors dat visse nou al hier in poele voorkom.

Barbers broei al in waterstrome in Kimberley se strate, soveel water word hier vermors.Foto: verskaf

Van den Berg sê die stad se eie vuil water dryf die visse waarskynlik die strate in waar gesuiwerde water daagliks weens lekkasies in die strate opdam.

Dluwayo sê Kimberley se waterprobleme en -tekorte kan aan klimaatsverandering toegeskryf word.

Omdat die watervlak in die Vaalrivier so hoog is, verstop slik en opdrifsels die waterstelsel in die Vaalrivier se filters.

Wanneer hierdie filters skoongespoel word, word watervoorsiening onderbreek en ontstaan watertekorte in die stad.

Van den Berg sê die party ontken nie die verskynsel van klimaatsverandering nie, maar wil die munisipale bestuurder daarop wys dat die Vaalrivier permanent in ’n siklus van droogte en vloed is.

Strome water vloei gereeld in Kimberley se strate omdat die munisipale waterinfrastruktuur vervalle is. Daar is nou visse in dié water.Foto: verskaf

Die oorsaak vir die munisipaliteit se gesukkel met watervoorsiening moet eerder gesoek word in die feit dat 60% van die water wat die Sol Plaatje-munisipaliteit uit die Vaalrivier pomp, verlore raak weens ? vervalle water-infrastruktuur.

Inwoners van Kimberley is gewoond daaraan om strome skoon, gesuiwerde water in strate te sien afloop. Visse, in hierdie geval babers wat in permanente poele in die woonbuurt Cassandra se paaie uitbroei, is egter ’n nuwe verskynsel.

Dluwayo se poging om die skuld vir die stad se waterprobleme op klimaatsverandering te pak, hou nie steek nie en dien opnuut as bewys dat die munisipale ANC-bestuur enige verskoning sal gebruik om sy onbevoegdheid te verdoesel, sê hy.

Die eintlike rede vir Kimberley se watertekorte kan voor die deur gelê word van gebrekkige of geen instandhouding van waterinfrastruktuur nie, sê Van den Berg.

Die huidige waterinfrastruktuur is so verouderd dat dit totaal vervang sal moet word. Dit help nie meer om net die gate toe te stop nie.

Intussen geniet die visse dit in die strate.

Meer oor:  Vaalrivier  |  Kimberley  |  Visse  |  Munisipaliteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.