Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Klasaksie kom dalk oor water, riolering in Kaapstad

Die ANC het die hooggeregshof in Kaapstad genader om ’n groepgeding namens inwoners van Kaapstad teen die DA-beheerde metro se hoë watertariewe in te stel.

Die party het Woensdag hofdokumente namens vier Kapenaars, Patrick Festus, Arthur Theys, Jan Hector en Lameez Souma, ingedien waarin dié inwoners kla dat die stad se prokureurs hulle dreig en teister oor onbetaalde hoë waterrekeninge.

Faiez Jacobs, Wes-Kaapse sekretaris van die ANCFoto: Peter Abrahams/Son

Faiez Jacobs, Wes-Kaapse sekretaris van die ANC, sê die DA-metroraad het die waterkrisis gebruik om watertariewe op ’n onetiese manier te herstruktureer om wins te maak uit inwoners. Volgens hom word die regsaksie gebring namens alle inwoners met ’n groot waterrekening.

“ANC-kantore oor die stad word oorval met soortgelyke klagtes van inwoners wie se water en elektrisiteit afgesny is, of met regsaksie gedreig is omdat hulle nie kan bekostig om te betaal nie.”

In ’n beëdigde verklaring sê Festus (51) van Eersterivier, sy rekening vir water- en riolering het van R248 en R184 onderskeidelik in Desember 2017 tot nou met 600% gestyg.

“Die stad het my effektief van my grondwetlike reg van toegang tot water ontneem,” sê hy in sy beëdigde verklaring.

Die inwoners sê in hul hofstukke hulle verstaan daar is ’n droogte en dat hulle moet betaal, maar hulle teken beswaar aan daarteen dat die stad hulle straf omdat hulle water bespaar.

Jacobs sê dis geen wonder nie dat die stad in die afgelope drie maande sy teiken vir inkomste uit waterverskaffing met R5 miljard oorskry het nie. “Dit is ’n klap in die gesig van inwoners wat gestraf word om water te bespaar.”

Jacobs sê verskeie ander organisasies oorweeg om by die klasaksie teen die stad aan te sluit.

“Mnr. Festus se huidige rekening.”

Meer oor:  Faiez Jacobs  |  Kaapstad  |  Klasaksie  |  Watertariewe  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.