Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Klein munisipaliteit skrik nie vir die tender-nulle

Die piepklein Tokologo-munisipaliteit in Boshof in die Vrystaat het sy rieme in die hooggeregshof in Bloemfontein styfgeloop oor sy planne om sowat 20 keer meer as wat nodig is te betaal vir ’n nuwe eiendomswaardasielys.

Die hof het ’n tydelike bevel uitgereik teen die deurvoer van die kontrak en sal later volledige betoë aanhoor om te bepaal of dit ’n permanente bevel gemaak moet word.

Die bevel volg nadat Tokologo, wat ook Hertzogville en Deales-ville insluit, vroeër vanjaar ’n tender geadverteer het vir die aanstel van ’n waardeerder om die nuwe waardasielys op te stel wat van 1 Julie volgende jaar sal geld. Só ’n lys vorm die grondslag van die eiendomsbelasting wat eienaars in die daaropvolgende drie jaar betaal en die geldigheid daarvan kan tot vyf jaar verleng word.

Die tenders het op 24 Februarie gesluit en is luidens hofstukke in die teenwoordigheid van die voornemende diensverskaffers oopgemaak. Die laagste bod was dié van DDP Valuers teen R734 327. Nog ses maatskappye het vir tussen R1 miljoen en R2 miljoen getender. Die tweede hoogste tender was vir R3 435 096 van die maatskappy Government-Pro SA en die hoogste ’n tamaai R14,9 miljoen van Great Same Number & Projects.

Die munisipaliteit het klaarblyklik nie vir al dié nulle geskrik nie en die tender op 10 Junie aan Great Same toegeken. Dit is minstens 20 keer die koste van die laagste tender.

Hoewel die hofstukke aan die munisipaliteit beteken is, was daar geen reaksie uit daardie oord nie. Nie ’n enkele amptenaar of regsverteenwoordiger het namens Tokologo by die hof opgedaag nie.

Rapport het die munisipaliteit probeer kontak vir kommentaar, maar hul telefoon word nie beantwoord nie en die amptelike e-pos-adresse werk nie.

Meer oor:  Boshof  |  Tokologo-Munisipaliteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.