Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Knysna gesels met Wesgro oor toerisme

Die Knysna-munisipaliteit het met die Wes-Kaapse handelsbevorderingsagentskap Wesgro begin onderhandel om toerisme en die bemarking van die dorp as ’n toerismebestemming te bestuur.

Die Koppe in Knysna, ’n gewilde besoekpunt vir toeriste. Foto: Knysna-munisipaliteit

Dit is Dinsdag in ’n verklaring bekend gemaak. Mark Willemse, Knysna se burgemeester, sê onderhandelings oor die finale bepalings van die ooreenkoms met Wesgro vind tans plaas. Dit sal op 13 Augustus op ’n raadsvergadering voorgelê word.

Willemse sê die Kaapse metro, Saldanhabaai, Drakenstein en ander munisipaliteite het soortgelyke ooreenkomste met Wesgro aangegaan.

Hy glo Knysna kan nou toegang kry tot geleenthede vir gesamentlike bemarkingsinisiatiewe, om meer met die huidige begroting te bereik en in die algemeen by Wesgro se uitgebreide bemarkingsarm baat te vind.

In die kort tydperk van oorbrugging totdat Wesgro oorneem, sal die Knysna-munisipaliteit sekere dienste lewer. Maatreëls sal ingestel word om die deure van die inligtingsentrum vir besoekers in Mainstraat oop te hou totdat die diensvlakooreenkoms met Wesgro gefinaliseer is, sê Willemse.

’n Driejaarkontrak word voorgestel met ’n bydrae van R4 miljoen wat jaarliks sal styg.

Sodra die diensvlakooreenkoms goedgekeur is, sal Wesgro onmiddellik die bestuur van die toerismekantoor en die bemarking van die Groter Knysna as ’n bestemming oorneem.

Wesgro sal kwartaalliks aan Knysna se stadsraad verslag doen oor sy vertoning ingevolge die diensvlakooreenkoms.

Toerisme is een van die sterkste ekonomiese dryfvere in die gebied en vennootskap met Wesgro is die beste uitkoms vir Knysna wat toerisme betref.

Volgens Willemse het hulle nie die kapasiteit om die funksie (toerisme en bemarking) self te vervul nie. Om dit uit te kontrakteer aan Wesgro bied ’n oplossing wat nie net deur die tesourie goedgekeur word nie, maar dit hou ook baie voordele in vir die dorp.

“Toerisme is een van die sterkste ekonomiese dryfvere in die gebied en vennootskap met Wesgro is die beste uitkoms vir Knysna wat toerisme betref.”

*Die Knysna-munisipaliteit se diensvlakooreenkoms met Knysna-toerisme, wat onder meer na die bemarking van die dorp as ’n toerismebestemming omgesien het, het op 30 Junie geëindig.

Meer oor:  Knysna-Munisipaliteit  |  Wesgro  |  Knysna  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.