Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Knysna-munisipaliteit ‘het krisis met kontant’

Drastiese kostebesparings is aangekondig omdat die Knysna-munisipaliteit ’n kontantvloei-krisis het.

Dr. Sitembele Vatala

Die kostebesparings wat deur dr. Michele Gratz, Knysna se waarnemende munisipale bestuurder, voorgelê is, is op 26 Februarie op ’n spesiale raadsvergadering aanvaar.

Volgens die raadsvergadering se agenda het ’n onrealistiese begroting met ’n oorbeklemtoning van inkomste en ’n onderbeklemtoning van uitgawes ’n rol gespeel. Debiteure is hoog en die meeste is meer as 180 dae uitstaande.

Kapitaaluitgawes is befonds deur eie inkomstes pleks van lenings. Die munisipaliteit het nie sy kapitaal- en bedryfsuitgawes laer aangepas in pas met die minder inkomste wat ontvang is nie. Die kapitaalbegroting het die laaste vier jaar met 293% toegeneem. Oormatige besteding aan werknemerverwante koste het ook tot die kontantvloei-krisis bygedra.

Volgens inligting van die Knysna-munisipaliteit is kort-, medium- en langtermynplanne aangekondig om die krisis die hoof te bied.

Dadelike stappe soos die vries van alle ongevulde poste, beperking van oortyd, beperking van spyseniering en die inwerkingstelling van streng beheermaatreëls oor die begroting en kredietbeheer word aanbeveel.

Op mediumtermyn moet daar onder meer gekyk word na ’n behoorlike begrotingsprosedure vir die boekjaar 2020-’21 en moet teikens vir prestasie hersien word. Op lang termyn moet ’n finansiële herstelplan onder meer opgestel word met die oog op dienslewering.

Volgens die agenda beloop dié betalings aan die betrokkenes maandeliks R117 894,63.

Die raad het ook ’n aanbeveling van Gratz aanvaar dat ’n toelaag vir skaars vaardighede gestaak moet word wat aan die munisipale bestuurder en senior bestuurders betaal is. Dit moet aan die munisipaliteit terugbetaal word. (Die toelaag was gebruik om geskikte kandidate na die munisipaliteit te lok).

Volgens die agenda beloop dié betalings aan die betrokkenes maandeliks R117 894,63. Luidens Gratz se aanbeveling het sy kennis van Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, ontvang dat die betalings onregmatig is en dat hy ’n aansoek in die Kaapse hooggeregshof teen die munisipaliteit daaroor gebring het.

’n Onafhanklike ondersoeker en ’n dissiplinêre komitee is verder aangewys om ondersoek in te stel na die beweerde betrokkenheid van dr. Sitembele Vatala, die munisipale bestuurder, by ongerymdhede. Vatala is op 13 Februarie voorlopig geskors hangende ’n ondersoek.

Meer oor:  Knysna-Munisipaliteit  |  Knysna  |  Kontant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.