Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Knysna se munisipale bestuurder geskors

Dr. Sitembele Vatala is voorlopig as Knysna se munisipale bestuurder geskors hangende ’n ondersoek teen hom.

Die munisipaliteit sê die besluit is Donderdag op ’n spesiale raadsvergadering geneem as voorsorgmaatreël weens bewerings wat teen Vatala gemaak is.

Dr. Sitembele VatalaFoto: Verskaf

Aubrey Tsengwa, Knysna se onderburgemeester, sê in ’n verklaring al die raadslede was ten gunste van die besluit.

Volgens hom sal die stadsraad binne sewe dae ’n onafhanklike ondersoeker aanstel om die bewerings te ondersoek. Vatala is vir die duur van die ondersoek geskors. Die ondersoeker moet sy bevindings binne 30 dae aan die stadsraad voorlê.

Die aard van die bewerings is nie bekend gemaak nie.

Tsengwa sê Vatala se skorsing is vir die beskerming van alle partye en om seker te maak daar kan ’n onbevooroordeelde ondersoek sonder enige invloed van die betrokke partye wees.

Hy benadruk Vatala is nog nie van enige wangedrag aangekla nie. Dr. Michelle Gratz, ’n voormalige munisipale bestuurder van Mosselbaai, is intussen aangestel as Knysna se waarnemende munisipale bestuurder.

Volgens Tsengwa sal die ondersoek nie dienslewering of die daaglike bestuur van die munisipaliteit raak nie. Hy sê die stadsraad het opgetree omdat die munisipaliteit se welstand sy eerste prioriteit is.

Meer oor:  Knysna  |  Munisipale Bestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.