Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Knysna vul poste wat lank vakant was

Drie direkteursposte, waarvan twee langer as ’n jaar vakant was, is deur die Knysna-munisipaliteit gevul.

Volgens die Knysna-munisipaliteit was die pos van direkteur van korporatiewe dienste sedert 31 Januarie 2017 vakant. Pumla Makoma is van 1 September in die pos aangestel.

Pumla Makoma. Foto: Verskaf

Ook die pos van direkteur van gemeenskapsdienste was sedert 31 Augustus 2017 vakant. Gary Boshoff, voorheen in dieselfde pos by die Drakenstein-munisipaliteit, is in die pos aangestel en Pravir Hariparsad is die nuwe direkteur van tegniese dienste. Die pos was sedert 31 Mei vakant.

Hariparsad se langtermyn-doelwitte sluit in universele toegang tot basiese water, sanitasie en elektrisiteit.

Hy was voorheen hoofbestuurder van tegniese dienste by die uMshwathi-munisipaliteit in KwaZulu-Natal.

Hy sal sektorplanne vir water, elektrisiteit, behuising, afval en vervoer in Knysna hersien en aanbevelings doen.

Boshoff sê onder meer grond vir stortingsterreine en begraafplase moet aandag kry. Hy wil ook Knysna se reaksie op rampsituasies verbeter deur groter kapasiteit en hulpbronne.

Makoma, voorheen direkteur van korporatiewe dienste by die Emalahleni-munisipaliteit in die Oos-Kaap, sê sy wil onder meer ’n kultuur van aanspreeklikheid op alle vlakke van die munisipaliteit aanmoedig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.