Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Knysna wil onwettige kragverbindings takel

Die Knysna-munisipaliteit gaan moontlik ’n kontrakteur aanstel om onwettige kragverbindings in sy munisipale gebied te verwyder.

Opvoedkundige veldtogte gaan ook in samewerking met Eskom aangebied word om mense oor die gevare van sulke verbindings in te lig.

Knysna sê hy is bekommerd oor onwettige kragverbindings in informele nedersettings in die groter Knysna.

Die aansluitings voldoen nie aan regulasies vir bedrading nie, volgens die munisipaliteit.

In die meeste gevalle word elektrisiteit geneem van ’n inwoner wat oor ’n behoorlike aansluiting beskik. Die inwoner wat die aansluitings toelaat, meet die gebruik daarvan.

Huiseienaars wat dié aansluitings toelaat, moet daarop let dat hulle aanspreeklik is vir skade of ongelukke. ’n Beroep word op die gemeenskap gedoen om nie onwettig elektrisiteit aan te lê nie.

Volgens die munisipaliteit word die moontlikheid ondersoek om ’n kontrakteur aan te stel om die onwettige verbindings te verwyder. Die aanstelling van so ’n kontrakteur is onderhewig aan die goedkeuring van Knysna se stadsraad en die finansiering daarvan. Daarbenewens ondersoek die munisipaliteit hoe ander munisipaliteite dié probleem hanteer.

Wyksraadslede en wykskomitees gaan ook in gemeenskappe werk om mense bedag te maak op die gevare van sulke onwettige kragverbindings.

Meer oor:  Knysna-Munisipaliteit  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.