Port Elizabeth se naam word verander in Gqeberha, Uitenhage sal Kariega heet, King William’s Town word Qonce, Berlin word Ntabozuko en Maclear word Nqanqarhu.
Dit is van die naamsveranderings aan lughawens, stede en dorpe in die Oos-Kaap wat Dinsdag deur Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, in die Staatskoerant aangekondig is.
Die Port Elizabeth-lughawe se naam verander in die Chief Dawid Stuurman-lughawe. Die Oos-Londen-lughawe is verander in die King Phalo-lughawe.
Die naamveranderinge is hoofsaaklik aangebring om die mense wat in die streek woon en hul geskiedenis te weerspieël.
Mthethwa het in 2018, toe die Oos-Kaapse dorp Grahamstad onder hewige kritiek na Makhanda, ’n Xhosa-vegter, verander is, gesê dat die hernoeming van geografiese plekke ’n vorm van simboliese herstel moet wees vir die onregverdighede van die verlede.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur.Foto: Gallo Images