Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kommer oor geldhoof vir NMB

Die Nelson Mandelabaai-sakekamer het Dinsdag sy kommer uitgespreek oor die Nelson Mandelabaai-metro wat nog nie ’n heeltydse finansiële hoof aangestel het nie.

Dr. Andrew Muir, die sakekamer se president, het Dinsdag in ’n verklaring gesê die metro se versuim om ’n heeltydse finansiële hoof aan te stel, sowel as om sleutelposte wat nog vakant is te vul, wek kommer.

Muir sê die metro se versuim kom ten spyte daarvan dat die nasionale tesourie ’n ultimatum aan die metro gestel het: Stel iemand heeltyds aan, of loop die risiko dat enige aansoeke om toelae in die afwesigheid van ’n finansiële hoof in die toekoms afgekeur gaan word.

Die metro kon in die vorige boekjaar nie die toelae van R420 miljoen bestee nie, en het sedert November 2017 nie ’n heeltydse finansiële hoof nie.

“Die politieke leierskap van die metro moet die aanstelling van ’n heeltydse finansiële hoof so gou moontlik afhandel, sê Muir.

“Al die rolspelers moet hulle opnuut daartoe verbind om die stad te herbou en om die belange van die inwoners eerste te stel.”

Muir se uitlatings kom in die lig daarvan dat Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, ’n span na Port Elizabeth gaan stuur om die amptenare te help om hul huis in orde te kry.

Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap, het die voorstel gemaak dat die metro hulp moet kry omdat hulle onderpresteer en nie hul begroting kon bestee nie.

Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap. Foto: Argief

Meer oor:  Munisipaliteite  |  Nmb  |  Nelson Mandelabaai-Metro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.