Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kouga keur begroting goed

Raadslede van die Kouga-munisipaliteit het op ’n onlangse vergadering die konsepbegroting en tariewe vir die 2021-’22-boekjaar, wat op 1 Julie begin, goedgekeur.

Horatio Hendricks, burgemeester, het gesê die raad het seker gemaak dat die begroting voorsien in die behoeftes van die armes en dat dit ten volle gefinansier is.

Die totale begroting is net meer as R1 miljard. Die bedryfs- en kapitaalbegroting beloop onderskeidelik sowat R1 074 miljard en R61 miljoen.

Horatio Hendricks, burgemeester van die Kouga-munisipaliteit, aan die woord. Foto: Argief

Volgens Hendricks word die bedryfsbegroting deur onder meer eiendomsbelasting (22,65%), elektrisiteit (34,61%), sanitasie (6,07%) en vullisverwydering (5,77%) gefinansier.

Die totale bedryfsbegroting vir die nuwe boekjaar is net meer as R1,074 miljard. Die grootste uitgawes is die koste vir die werknemers (R378 miljoen) en die aankoop van elektrisiteit (R290 miljoen).

Ten einde die bedryfsbegroting te finansier gaan inwoners van 1 Julie af meer vir sekere dienste en tariewe moet opdok:

• Eiendomsbelasting: +5,25%

• Water: +7,1%

• Sanitasie: +6,5%

• Vullisverwydering: +6,5%

• Elektrisiteit: +14,59%

Die omgewingsbestuurstarief word nie verhoog nie en bly op 0%.

“Die munisipaliteit het die verhogings so laag as moontlik gehou. In sommige gevalle en veral ten opsigte van elektrisiteit, was dit uitdagend, met Eskom wat sy pryse vir die munisipaliteite verhoog het.”

R10 miljoen is begroot vir die voortdurende padherverseëling oor die hele Kouga, wat die informele nedersettings Tokyo Sexwale en Pellsrus insluit.

Vir die opgradering van die grondpaaie is R14,2 miljoen begroot.

Die Sea Vista-sportveld in St. Francisbaai word teen ’n koste van R4,1 miljoen en die sanitasiestelsel in Hankey teen R9,2 miljoen opgegradeer.

Ander projekte sluit in die elektrisiteitsverskaffing van Hop-huise teen ’n koste van R6,7 miljoen.

Meer oor:  Kouga  |  Begroting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.