Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kragonderbrekings net vir instandhouding – City Power

City Power sê hy beplan geen kragonderbrekings vir Johannesburg dié winter nie, “tensy dit vir instandhoudingswerk is”.

So het Isaac Mangena, City Power se woordvoerder, Vrydag aan Netwerk24 gesê.

Dit kom ná ’n verklaring dieselfde dag dat daar moontlik kragonderbrekings in Ennerdale en Lawley kan wees.

“City Power kan gedwing word om beurtkrag in Lawley en Ennerdale toe te pas om infrastruktuur te beskerm en te verseker dat die Hopefield-substasie nie heeltemal ingee nie. Die getal kragonderbrekings in die area is reeds meer weens die oorlading van die substasie en onwettige aansluitings.”

Luidens die verklaring sou kragonderbrekings Vrydag om 16:00 begin totdat die opknappingswerk aan die substasie afgehandel is. Mangena het gesê dit sal twee weke neem om die werk te voltooi.

“Ons beplan om ’n groter transformator te installeer met genoeg vermoë om vir die inwoners in die gebied voorsiening te maak. Daar is bykomende opknappingswerk vir die stabilisering van die netwerk, wat die opknapping van kabels en die verspreidingsentrums insluit, maar dit is ’n langtermynprojek.”

Mangena het gesê City Power beplan geen soortgelyke kragonderbrekings vir die res van Johannesburg gedurende die winter nie.

“Dit sal slegs gebeur vir noodsaaklike instandhoudingswerk. Dit (die instandhouding) werk soos ’n motor. Jy weet jy moet dit, byvoorbeeld, elke 50 000 km jou motor laat versien, maar jy is nooit seker wanneer jy by die spesifieke kilometers gaan uitkom nie,” het hy gesê.

Sou kragonderbrekings in Ennerdale en Lawley plaasvind, sal dit tussen 16:00 en 23:00 wees.

Meer oor:  City Power  |  Johannesburg  |  Instandhouding  |  Kragonderbrekings  |  Winter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.