Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Substasies in Riebeeckstad dalk gesaboteer

Amptenare van Riebeeckstad in die Vrystaat is agterdogtig nadat gewapende boosdoeners veiligheidswagte aangehou en twee substasies geplunder het. Dit het veroorsaak dat groot dele van Welkom sonder krag was.

Kgojane Matutle, woordvoerder van die Matjhabeng-munisipaliteit, sê omdat die geldelike verlies nie groot is nie, word vermoed dat dit dit 'n misdaad en sabotasie is.

Die motief vir moontlike sabotasie sal eers ondersoek moet word.

Die substasies in Belleview- en Revuestraat in Flamingopark is onderskeidelik Maandagaand en Woensdagoggend geplunder.

“Die diewe steel gewoonlik honderdduisende rande se kabels, en Maandagaand se skade beloop net sowat R5 000.”

By die Revuestraat-substasie is ’n koperkabel van 11 m gesteel wat R18 200 werd is.

“Dit het erge nagevolge vir sakelui in Welkom. Dié sonder kragopwekkers kon nie sake doen nie.”

Die Bronville-nywerheidsgebied, verskeie woonbuurte en die hele middestad is Dinsdag geraak.

Volgens Matutle het die herstelwerk langer geneem as normaalweg, omdat die elektriese span versigtig was weens die swaar weer.

Matutle sê die diewe het die veiligheidswagte met wapens geïntimideer. Die munisipaliteit wil nou nasionale intelligensie inroep om die probleem te help oplos.

“Die diewe het duidelik baie tyd gehad en kon baie meer steel. Ons vermoed dit is mense wat bloot dienslewering wou saboteer.

“Ons het al in die verlede voormanne in hegtenis geneem wat op heterdaad betrap is waar hulle kabels in die werkswinkel steel.”

Die munisipaliteit vra die gemeenskap om te help met die ondersoek, omdat die diewe tussen die inwoners woon, sê hy.

Bokvel Pietersen van die munisipaliteit se veiligheidsafdeling sê die gewapende rowers het die veiligheidswagte aangehou.

“Daar word geglo wie ook al hier ingekom het, is mense wat die persele ken.

“Dié diefstalle is beslis 'n optrede om die munisipaliteit wat dienslewering betref indirek te saboteer.”

Die polisie ondersoek die voorvalle.

Meer oor:  Vrystaat  |  Welkom  |  Aangehou  |  Krag  |  Veiligheidswagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.