Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
KYK: Betogings ontwrig Tshwane-middestad

Betogings het Woensdagoggend weer opgevlam in die Pretoriase middestad weens spanning tussen minibustaxibestuurders en dwelmbase.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het bevestig dat taxibestuurders net ná 09:00 begin het om paaie in die stad te versper.

Busdienste in Pretoria is Woensdagoggend ook opgeskort weens die betogings.  

Sheila Lynn Senkubuge, Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, sê albei die A Re Yeng- en Tshwane-busdienste is vir die dag opgeskort ná betogings wat Dinsdag in die stad plaasgevind het.

Mahamba het omstreeks 09:30 gesê hy is op pad na die toneel en kon nie onmiddellik bevestig of gerugte waar is dat winkels wat deur buitelanders besit word geplunder word nie.

Netwerk24 het vroeër berig dat ’n 45-jarige taxibestuurder Dinsdag in die middestad in ’n bakleiery met vermeende dwelmbase doodgeskiet is.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 14:30 op die Bloedstraat-taxistaanplek gebeur.

“Taxibestuurders het glo vermeende dwelmverslaafdes gejaag. ’n Skoot is afgevuur en ’n taxibestuurder is in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood.”

Die bakleiery het ’n groot chaos in die middestad veroorsaak.

Senkubuge sê taxibestuurders het op die stad se busse geklim en bestuurders beveel om in besige kruisings te parkeer. Dit het gelei tot groot verkeersknope.

“Geen busbestuurders is beseer nie maar hulle is wel geïntimideer deur die taxibestuurders. Toe ons op die toneel gekom het, het ons die busbestuurders gehelp om by die depots uit te kom,” sê Senkubuge.

Mahamba sê die metropolisie is ontplooi in dié gebied om die situasie dop te hou.

Meer oor:  Pretoria  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.