Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
KYK: Gemeenskap ‘in dam’ kla Kaapse metro wil nie help

Lede van die Ethembeni-gemeenskap in Khayelitsha sê hulle leef in haglike omstandighede omdat die Kaapstadse metro nie ’n pyp wat rioolvuil in die strate pomp, “volkome wil herstel nie”.

Volgens die gemeenskap weier die metro om die rioolvuil te dreineer.

Hulle sê ’n pyp het op 17 Augustus gebars en die metro het dit kom herstel.

Die pyp het egter die volgende dag weer gebars en dit het daartoe gelei dat rioolvuil in die strate begin loop het. Die nooddienste is glo ontbied en ’n deel van Baden Powell-rylaan is gesluit.

Die Kaapstadse metro sê egter hierdie gemeenskap is juis gewaarsku om nie daar huise te bou nie omdat die gebied nie geskik is vir ’n nedersetting nie.

Die drukgroep Khayelitsha CAN sê volgens die departement van water en sanitasie kan hy nie help nie omdat hy nie die nodige voertuie het om die rioolvuil “op te suig” nie.

Volgens die groep het die departement ook gesê omdat hierdie gemeenskap op ’n stuk grond gebou het wat eintlik ’n opgaardam is en nie geskik is vir die bou van huise nie, kan hy nie veel meer doen nie.

Khayelitsha CAN sê lede van hierdie gemeenskap loop nou daagliks in rioolwater en daar is selfs rioolvuil in sommige huise. “Dit is ’n skending van menseregte omdat noodsaaklike dienste geweier word, veral te midde van die koronaviruspandemie waartydens mense versigtig is om nie in die hospitaal opgeneem te word nie. Dit is nalatigheid van die metro en dit is ’n groot gesondheidsrisiko vir die gemeenskap,” sê die groep.

Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, sê egter die metro het probeer verhoed dat mense op hierdie spesifieke stuk grond woon, juis om dié rede.

Hy sê die gemeenskap het die stormwateropgaardam onwettig beset.

In die somermaande is hierdie grond droog, maar in die wintermaande is die doel daarvan om water op te dam wat andersins vloede sou veroorsaak.

Die gebied is elke winter onder water en dit is nie geskik vir bewoning nie.

Daarby ontstaan verstoppings omdat ongewenste materiaal in die pype beland. ’n Deel van die nedersetting is aan die onderpunt van ’n helling, wat daartoe lei dat die water reguit hierheen vloei. Die huise keer ook dat die water na die opgaardam vloei.

Hy sê die metro het nie ’n onuitputbare bron van geld nie. Inwoners van nuwe nedersettings word altyd ingelig dat hulle nie geprioritiseer kan word ten koste van ander nedersettings waarvoor daar reeds in die begroting voorsiening gemaak is nie.

Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water en afval, het by navraag gesê lede van die departement van informele nedersettings het die gebied besoek en geen tekens van rioolvuil in die strate gesien nie.

Meer oor:  Khayelitsha Can  |  Ethembeni  |  Kaapstad  |  Riool Rioolvuil  |  Dam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.