Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
KYK: Metropolisie ondersoek video waarin man geklap word

Die Tshwane-metropolisie (TMPD) het ’n interne ondersoek begin na ’n voorval waarin ’n man uit ’n erf geruk en aangerand word.

Die voorval is opgeneem en die video is op sosiale media versprei.

In die video kan ’n metropolisievoertuig en mense in metropolisiedrag duidelik gesien word. Dan word ’n man oor ’n muur getrek en geklap, terwyl hy na die metropolisievoertuig gesleep word.

Isaac Mahamba, TMPD-woordvoerder, sê die metropolisie is bewus van die video.

“Die TMPD bevestig dat dit inderdaad ons voertuig en lede is wat in die video gesien word.

“Geen formele klag oor die voorval is ingedien nie, maar die TMPD is met ’n interne ondersoek besig,” sê Mahamba.

Die TMPD vra dat die persoon wat in die video aangerand word, na vore kom om meer inligting te verskaf wat in die ondersoek kan help.

Mense met inligting kan die TMPD anoniem by 083 657 2998 skakel.

Meer oor:  Tshwane-Metro  |  Metropolisie  |  Ondersoek  |  Video
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.