Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
KYK: Rioolwater vloei in Khayelitsha

Die Khayelitsha-ontwikkelingsforum het die Kaapstad-metro gekap omdat die strate van Khayelitsha deur rioolwater oorstroom word terwyl die gemeenskap steeds in die kloue van die koronaviruspandemie is.

Volgens Ndithini Tyhido, voorsitter van die Khayelitsha-ontwikkelingsforum, het die metro te midde van toenemende gewelddadige betogings die afgelope paar weke nie verstopte dreine herstel nie.

Verstopte dreine in Khayelitsha.

Tyhido sê daar hang nou ’n onaangename reuk in die lug en rioolvuil dryf in die strate af terwyl jong kinders buite speel.

“Daar is rioolwater in die strate van onder meer area C, area B (noord en suid), Makaza, Kuyasa en Greenpoint in Khayelitsha. Die lys is lank en g’n mens kan die stank verduur nie.”

Tyhido sê hulle het begrip vir die metro se probleem dat woedende grondbesetters munisipale voertuie aanval, maar meen ook hardwerkende inwoners moenie gestraf word vir die dade van ’n klein groepie nie.

“In dié tye wil jy nie ’n regering wees wat toelaat dat mense in hul eie ontlasting swem nie. Die Khayelitsha-ontwikkelingsforum het voorgestel dat ons as gemeenskapsleiers die stad se voertuie vergesel na waar hulle ook al moet wees. Ons het dieselfde met Eskom gedoen toe hy sy dienste opgeskort het. Met ons hulp is Eskom se personeel nou veilig in ons gebied.”

Tyhido sê daar is nie parke of sportgronde waar kinders kan gaan speel nie. Hulle moet noodgedwonge in die strate speel, waar daar nou rioolvuil lê.

“Hoe gaan ons mense hulself teen Covid-19 beskerm as hulle nie eens in ’n skoon woonbuurt kan bly nie? Terwyl daar rioolwater in die strate is, is mense nie veilig nie.”

’n Verstopte drein in Bonkolorylaan in Khayelitsha.

Volgens Tyhido wil die metro nie instem dat mense van die ontwikkelingsforum munisipale werkers vergesel nie.

“Ons mense kan nie in sulke morsige omstandighede bly nie.”

Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, sê daar was die afgelope tyd verskeie aanvalle op personeellede van die metro en munisipale voertuie.

“Die stad se departement van water en sanitasie het ’n aksieplan opgestel met wetstoepassers en plaaslike klante om te verseker dat diensversoeke veilig nagekom kan word. Die departement het teen Maandag reeds op sommige van die klagtes gereageer, nadat baie van die klagtes eers Sondagaand aangemeld is.”

Meer oor:  Khayelitsha  |  Dienslewering  |  Rioolwater  |  Riool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.