Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
KYK: Rou, onverwerkte riool glo na Kby-flaminke gepomp

Net die helfte van die Homevale-rioolaanleg in Kimberley funksioneer.

So het ’n werker Dinsdag tydens ’n oorsigbesoek van die DA aan die aanleg gesê.

Andrew Louw, DA-leier in die Noord-Kaap, praat met Hans Oliphant, ’n afgetrede munisipale werker, oor die probleme by die rioolaanleg in Kimberley. Foto: Charné Kemp

“Niks werk hier nie. Dis haglik en alles vat vir ewig. Die aankoopproses is so uitgerek dat ons basiese benodigdhede soos diesel eers weke ná die bestelling kry.

“Geen werk is die afgelope drie weke gedoen om riooltoevoerpype van Galeshewe en Roodepan hierheen aan te lê nie.

“Die outomatiese aanleg is sedert verlede jaar weens ’n rekenaarfout buite werking. Dit kan met die hand in werking gestel word.

“Die werkers se moraal is teen die grond omdat die bestuur so swak is. Riooldamme is leeg en moet deur tydelike werkers skoongemaak word. Die belugters is buite werking weens elektriese probleme. Ons het ook nie chemikalieë nie.”Hy sê die watermeter is buite werking en daarom kan hy nie sê hoeveel rioolwater word daagliks verwerk nie.

Hans Oliphant, wat voor sy aftrede vir 25 jaar by die rioolaanleg gewerk het, sê die verhittingsdamme werk nie, “wat beteken die stank word nie uit onverwerkte rioolvuil gehaal nie. Die rioolvuil in ander damme vrot, dit borrel aanmekaar. Wurms is waarskynlik besig om in die slik te ontwikkel. Vullis dryf op die rioolwater.

“Daar is nie gesuiwerde water in die suiweringsdamme wat na die Kamfersdam gepomp word nie. Onverwerkte rioolvuil word in die dam gepomp.”

Andrew Louw, DA-leier in die provinsie, en Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het die Homevale-rioolaanleg besoek nadat hul vorige besoek twee weke gelede deur die Sol Plaatje-munisipaliteit gestuit is.

Die suiweringsdamme in Kimberley is volgens werkers vol rou riool en nie gesuiwerde rioolwater nie. Foto: Charné Kemp

Louw sê die rioolaanleg funksioneer op 50%-kapasiteit terwyl onverwerkte rioolvuil na die Kamfersdam gepomp word waar die kleinflaminkspesie en ander watervoëls bly.

Hy gaan strafregtelike klagte by die polisie en ook klagte by die Menseregtekommissie en die Groen Skerpioene indien.

“Iemand moet verantwoordelikheid aanvaar. Dit is bewys dat die ANC-regering niks van bestuur weet nie. Dit is tyd dat inwoners dit besef.”

Bredell sê miljoene kumek rioolwater kan danksy die goeie infrastruktuur by die aanleg verwerk word, maar weens swak bestuur word dit nie gedoen nie.

“Hier is totale verval. Die krane is toegedraai en die pompe afgeskakel. Indien jy gesuiwerde water in die natuur kan pomp, sal dit positiewe gevolge dra. Nou vergiftig onverwerkte rioolvuil die natuur.

“Die werkers werk in verskriklike omstandighede en hul menseregte word geraak.

“Indien ’n stad se grootmaatinfrastruktuur funksioneer, kan baie werksgeleenthede geskep word.”

Rou rioolwater vloei in die Kamfersdam in, wat aan die anderkant van die spoorlyn agter die riete geleë is. Foto: Charné Kemp
Die damme waarin verwerkte rioolwater moet wees, is vol water met ’n pienk skynsel. Foto: Charné Kemp

Meer oor:  Kimberley  |  Flaminke  |  Infrastruktuur  |  Dienslewering  |  Riool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.