Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Lewer ons pos af, eis Zwelihle se gemeenskap

Lede van die Land-party gaan opruk na die poskantoor in Hermanus omdat inwoners van Zwelihle glo al meer as ’n jaar lank nie hul pos kry nie.

Gcobani Ndzongana, leier van die party, sê dit het glo aan die lig gekom dat slegs die inwoners van die township nie hul pos kry nie, terwyl mense elders in die dorp elke dag hul pos kry.

“Dit is niks anders as blatante rassisme nie en net die inwoners van Zwelihle word geraak. Ons het in Maart verlede jaar al gekla. Dit is nou meer as ’n jaar later en niks het verander nie.

“Die party het al dikwels by die owerhede oor die kwessie gekla en is beloof dat die probleem voor die einde van September reggestel sou word.

“Die probleem duur egter voort en daar is geen einde in sig nie. Ons wil weet hoekom ons nie ons pos kry nie.”

Die party het beloof om protesoptrede teen die poskantoor in te stel totdat die probleem opgelos is.

Die party het beloof om protesoptrede teen die poskantoor in te stel totdat die probleem opgelos is.

“Ons sal op 1 November opruk om te verseker dat al die mense van Hermanus, ongeag hul ras, regverdig behandel word,” sê Ndzongana.

Ndzongana sê die vermoede bestaan dat inwoners “gedwing word om ’n private pos-onderneming op die dorp te gebruik”.

Johan Kruger, woordvoerder van die Poskantoor, het Sondag gesê dat die bewerings ondersoek sal word.

“Die bewerings sal deeglik ondersoek word en indien nodig sal die Poskantoor die nodige stappe doen.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.