Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Ligte kom stadig aan in Pta, maar uitdagings bly

Die ligte in Pretoria is geleidelik besig om aan te kom nadat verskeie woonbuurte in die ooste nou al ’n paar dae sonder elektrisiteit sit.

’n Vrou steek ’n kers aan op haar balkon in Rome om te bid vir mense wat besmet is met die koronavirus.Foto: Reuters

Die proses is egter nie sonder uitdagings nie.

Die kragtoevoer na die Silver Lakes, Tyger Valley, Willow Acres en die Paramount-landgoed is Dinsdagaand herstel.

Die eerste ligte het Maandagaand in dele van Wapadrand, Silver Lakes en Equestria (woonbuurte noord van die substasie) aangegaan.

Die kragonderbreking in groot dele van Pretoria het gevolg nadat ’n brand Saterdag omstreeks 20:30 in die Wapadrand-substasie ontstaan het. ’n Gedeelte van die substasie se beheerstelsel het vlamgevat.

Intussen het die krag Woensdagoggend uitgeskakel en sommige woonbuurte waar die kragtoevoer reeds herstel was, is weer in donkerte gehul.

“Dit lyk nie asof daar enige skade is nie en die span is besig om die krag so vinnig moontlik te herstel,” sê Phillip Nel, Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste en streeksbedrywighede.

Die gebied agter die MBT-vulstasie tot by Kingboltsingel in Wapadrand het ook sy eie uitdagings.

“Alhoewel die krag in die gebied Dinsdag aangeskakel is, het ons agtergekom die kabels wat hierdie gebied van elektrisiteit voorsien, is in dieselfde sloot as die kabels wat herstelwerk benodig om krag aan ander gebiede te voorsien.

“Om die veiligheid van die tegniese spanne te verseker, sal ons dus die krag in hierdie gebied weer moet afskakel totdat die herstelwerk aan die gedeelte van die substasie wat elektrisiteit aan die suidelike woonbuurte voorsien, heeltemal voltooi is,” sê Nel.

Die kragtoevoer na Cura-rylaan, Furrow-weg, Vergelegen-rylaan, Meerlust-weg (insluitend die Equestria-aftreeoord) en Stellenberg-weg sal eers herstel word sodra die hele substasie se elektrisiteit herstel is.

Wapadrand, oos van Soloman Mahlangu-rylaan, sowel as Lombardi, Tygerpoort en Zwavelpoort sal ook eers aangeskakel word sodra die hele substasie aangeskakel is.

Wat die woonbuurte suid van die substasie betref, het die tegniese span Woensdag die beskadigde dele vervang op ses van die voerkabels wat elektrisiteit aan Koedoeberg, Faerie Glen, Olympus en Boardwalk verskaf.

Volgens Nel behoort hulle Woensdagaand gereed te wees om die kragstelsel vir hierdie woonbuurte aan te skakel.

“Ons werk hard om by die vasgestelde tydlyne te hou en ons plan is dat die toerusting (Woensdag) teen laatmiddag of vroegaand aan die toetsafdeling oorhandig word. Hulle sal dan die finale toetsing op die kragstelsel doen en daarna kan hulle die substasie in fases aanskakel.

“Ons is egter afhanklik van die bevindinge van die toetsing en kan dus nie ’n geskatte tyd gee van wanneer die krag volledig herstel sal word nie.”

Meer oor:  Pretoria  |  Krag  |  Ligte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.