Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
‘Lungisa gaan nêrens heen nie’

ANC-takke in die Nelson Mandela-metro sê hulle gaan teen die uitsetting van hul leier, Andile Lungisa, uit die munisipaliteit baklei.

Die provinsiale uitvoerende komitee is tans glo in gesprek met die streekleierskap om die moontlike ontbinding van die streek- uitvoerende komitee en die verwydering van Lungisa as LUR van infrastruktuur en ingenieurswese te bespreek.

Lungisa was die voorsitter van die streek totdat hy verlede jaar deur die destydse sekretaris van die ANC, Gwede Mantashe, verwyder is.

Dis disrespekvol dat hulle na die media toe gaan voordat hulle ons gevra het wat moet gebeur.
Unathi Skade

Lungisa is ook skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy afgeneem is toe hy ’n DA-raadslid op ’n raadsvergadering met ’n glasbeker toegetakel het.

Twee bronne het verlede week aan Netwerk24 bevestig dat die nasionale uitvoerende komitee van die ANC die provinsiale voorsitter, Oscar Mabuyane, opdrag gegee het om sake in orde te kry in die streek.

Mabuyane en die provinsiale werkkomitee het glo besluit om die streek te ontbind nadat spertye nie nagekom is om ’n streekkonferensie te hou om ’n nuwe voorsitter te verkies nie.

Die streek het sy streekkongres drie keer uitgestel nadat Lungisa verwyder is.

Streekleier Unathi Skade het gesê hulle steun Lungisa.

Hy sê die NUK het nie die moontlike verwydering van Lungisa met die takke bespreek nie.

“Ons het gehoor dat die provinsiale werkkomitee gaan kom om die streek te ontbind. Dis disrespekvol dat hulle na die media toe gaan voordat hulle ons gevra het wat moet gebeur.

“Die NUK kan nie besluit om die streek te ontbind as hulle niks gedoen het om ons te ondersteun nie. Lungisa gaan nêrens heen nie. Ons sal dié besluit beveg. Takke steun nie die besluit nie,” het hy gesê.

Lungisa appelleer teen sy skuldigbevinding.

Meer oor:  Gwede Mantashe  |  Andile Lungisa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.