Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
LUR gelas ondersoek by George-munisipaliteit
Anton BredellFoto: Verskaf

Die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering gaan ondersoek instel na bewerings wat verband hou met wanadministrasie, bedrog, korrupsie en/of ander ernstige wanpraktyke by die George-munisipaliteit in die Suid-Kaap.

Dit is Maandagmiddag deur Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, in ’n verklaring bekend gemaak.

Die besluit is geneem nadat Bredell ’n assessering gedoen het. Hy sê die bewerings wat onder sy aandag gebring is, vereis verdere ondersoek.

Die ondersoek sal onder meer fokus op die George- geïntegreerde openbarevervoer-netwerk en onreëlmatige aanstellings by die munisipaliteit. “Geen steen sal onaangeroer gelaat word nie,” sê Bredell.

Meer oor:  George-Munisipaliteit  |  Munisipaliteite  |  Korrupsie  |  Lur  |  Wangedrag  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.