Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
LUR moet ingryp by Die Eiland, vra DA

Die DA eis dat die Noord-Kaapse LUR vir samewerkende regering ingryp om Die Eiland, eens ’n gewilde vakansieoord in Upington, van ondergang te red.

Harold McGluwa, DA-voorsitter in die Noord-Kaap, sê die oord word gevandaliseer omdat dit reeds jare in onbruik is.

Die Eiland-vakansieoord twee jaar gelede. Foto: Emile Hendricks

“Bentley Vass, die LUR, moet dringend ingryp. Die oord word nie deur die Dawid Kruiper-munisipaliteit onderhou nie en word wanbestuur.

“Dit was een van die gewildste vakansieoorde in die omgewing. Nou is dit vervalle. Dit word gevandaliseer en het ’n nes vir dronkaards geword. Misdaad gedy. Die vullis hoop op.

“Die mure is met graffiti besmeer en pype lek. Derduisende liter water – vermoedelik sowat 20 000 liter per dag – word gemors.”

Die munisipaliteit en sy werkers wat by die oord moet werk, doen niks om dit te onderhou nie, sê hy.

McGluwa sê die LUR moet die munisipaliteit tot orde roep.

“Dit droogtegeteisterde provinsie kan nie bekostig dat duisende liter water vermors word nie. Dit kos die munisipaliteit geld. Die raad het juis aansoek gedoen om sy watertariewe te verhoog.

“Die oord is ’n geleentheid om geld mee te verdien en werkgeleenthede te skep,” sê hy.

Meer oor:  Da  |  Upington
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.